dc.description.abstract |
Vorige navorsing op die gebied van selfontwikkeling met predikante (Cilliers, 1989)
rapporteer ’n beduidende verhoging in selfaktualisering en gepaardgaande gespreks voerings vaardighede by predikante, na blootstelling aan ’n relatiewe kort selfontwikkelingsprogram. Hieruit is aanbeveel dat blootstelling aan ongestruktureerde ervarings-leersituasies as deel van die predikant se voortgesette opleiding gebruik moet word, tot die verdieping van persoonlike, interpersoonlike en geestelike groei.
In ooreenstemming hiermee is die doel van hierdie ondersoek om te bepaal wat die effek
van ’n vyfdaagse groeigroepervaring op ’n groep predikante se selfaktualisering, self- en
godsdiensbelewenis is. |
en |