dc.description.abstract |
Selfontwikkeling en meer spesifiek selfaktualisering as voorvereiste vir die predikant se providensiële
roeping en rol as helper word aangespreek, en gedefinieer as die proses waarin eie
talente al meer ontdek en geóptimaliseer word, en waardeur die kwaliteit van sy hulpverlening
verhoog. Spesifieke persoonlikheidskenmerke word bespreek, waama ’n selfontwikkelingsprogram
ter stimulering en ’n metingsbattery ter evaluering hiervan by ’n groep predikante toegepas
word. Die resultate dui op die beduidende toename in selfaktualiseringsgedrag ~ intrapersoonlik
gekenmerk deur realisme in denke, buigsaamheid in die toepassing van waardes,
emosionele sensitiwiteit, selfkennis, selfaanvaarding, interne lokus van kontrole, en interpersoonlik gekenmerk deur egtheid, respek, aanvaarding van die tweede persoon, empatie en konkreetheid in kommunikasie. Aanbevelings oor meer doelbewuste stimulering van selfaktualisering by die predikant in tersiêre sowel as voortgesette opleiding word geformuleer. |
en |