Unisa Institutional Repository

Korpusanalise van Afrikaanse eksosentriese komposita

Show full item record

Title: Korpusanalise van Afrikaanse eksosentriese komposita
Author: Van Niekerk, Lariza
Abstract: In hierdie verhandeling word 'n voorlopige bestekopname van Afrikaanse ekosentriese komposita aangebied. Die korpus waaruit voorbeeldmateriaal geput is, sluit leksikografiese en akademiese werke, asook die spreektaal in. Na aanleiding van 'n komparatiewe bespreking van morfologiese, kategoriale en semantiese onderskeidingskenmerke van ekso- en endosentriese komposita, word daar tot die gevolgtrekking gekom dat die onderskeid tussen eksosentriese en endosentriese lekseme noodsaaklik is. Eksosentriese komposita word deurgaans bespreek as 'n prototipiese kategorie, met kern- en randelemente. Anders as by endosentriese samestellings, ontbreek 'n hipnimie-relasie tussen prototipiese eksosentriese samestellings en enige van hul konstituente. Alhoewel eksosentriese komposita uiteraard dubbelsinnig en semanties ondeursigtig is, is die ondeursigtighied gradeerbaar, vanaf redelik deursigtig tot heeltemal ondeursigtig. 'n Inventaris word aangebied van eksosentriese samestellings, soos dit verdeel kan word in subgroepe op grond van ontstaanswyses, semantiese kenmerke en strukturele kenmerke van die woorde. Ten slotte word die verdere studie van funksionele aspekte van eksosentriese komposita in die vooruitsig gestel.
Description: Text in Afrikaans
URI: http://hdl.handle.net/10500/1545
Date: 2002-01-01
Citation:


Files in this item

Files Size Format View
dissertation.pdf 5.305Mb PDF View/Open

This item appears in the following Collection(s)

Show full item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics