Institutional Repository

Opvoedkundig-sielkundige ondersoek na derdekultuur-kinders in Suid-Afrika

Show simple item record

dc.contributor.advisor Roets, H. E. (Hester Elizabeth)
dc.contributor.author Bester, Dierdré
dc.date.accessioned 2012-02-01T06:35:31Z
dc.date.available 2012-02-01T06:35:31Z
dc.date.issued 2011-01
dc.identifier.citation Bester, Dierdré (2011) Opvoedkundig-sielkundige ondersoek na derdekultuur-kinders in Suid-Afrika, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/5313> en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/10500/5313
dc.description Text in Afrikaans en
dc.description.abstract Hierdie studie handel oor derdekultuur-kinders in Suid-Afrika met die fokus daarop om die fenomeen aan ouers, kinders, onderwysers, sielkundiges en ander belangstellendes bekend te stel. Derdekultuur-kinders is die term wat geskep is om kinders te benoem wat vir 'n tydperk tydens hulle ontwikkelingsjare saam met hulle ouers in die buiteland deurbring en hul daar vestig, maar weer na hul vaderland terugkeer. 'n Derdekultuur word geskep indien die kinders dele van hul ouers se kultuur en dele van die kultuur van die gasheerland integreer ten einde geredelik in die gasheerland te funksioneer. Die probleem ontstaan egter wanneer hierdie kinders na hul vaderland terugkeer, aangesien hulle dan nie meer binne hul portuurgroep inpas nie. Die aantal derdekultuur-kinders in Suid-Afrikaanse konteks het sedert 1994 met rasse skrede vermeerder, aangesien al hoe meer internasionale maatskappye Suid-Afrikaners in die buiteland in diens neem en Suid-Afrikaanse ambassades in bykans elke land in die wêreld gevestig is. Die tendens om gesinne saam op die internasionale plasing te neem, veroorsaak dat kinders in verskeie lande gevestig word en in hierdie tydperk aan 'n internasionale en bevoorregte leefwyse blootgestel word. In hierdie studie word 'n literatuurstudie onderneem om die profiel van derdekultuur-kinders, hul kulturele identiteitsvorming en omgekeerde kultuurskok met hul terugkeer na hul land van oorsprong, te ondersoek. 'n Empiriese studie is onderneem om te bepaal tot watter mate die profiele en omgekeerde kultuurskok waaraan Suid-Afrikaanse derdekultuur-kinders blootgestel word, vergelyk met dié soos beskryf in die literatuurstudie. Op grond van die inligting verkry uit vraelyste en individuele onderhoudvoering, en inligting verkry uit die literatuurstudie, is riglyne vir 'n hulpprogram saamgestel waarmee ouers hulle derdekultuur-kinders tydens hulle terugkeer na Suid-Afrika kan ondersteun. Terapeute sonder internasionale ondervinding sal ook hierdie hulpprogram nuttig kan vind. Die studie bevestig dat: * die profiel van Suid-Afrikaanse derdekultuur-kinders grootliks met dié van ander lande ooreenstem; * Suid-Afrikaanse derdekultuur-kinders problematiese her-aanpassing by hul terugkeer na hul paspoortland ondervind; * ouers en terapeute bemagtig moet word om derdekultuur-kinders met hul heraanpassingsprobleme te ondersteun. af
dc.description.abstract This study deals with Third Culture Kids in South Africa, focusing on introducing the phenomenon to parents, children, teachers, psychologists and other concerned parties. “Third Culture Kids” is the term used to describe children who have spent a number of their developmental years with their parents abroad, after which they return to their country of origin. A third culture is created when children integrates the culture of their parents together with the culture of the host country in order to function readily in the host community. The problem arises when the children return to their home country as they then encounter problems adapting and fitting into the local community. The number of Third Culture Kids in the South African context has increased dramatically since 1994, as international companies employed more South Africans abroad and many new South African Embassies were established all over the world. The tendency of having the family accompanying the parents to other countries results in the children residing in various countries and being exposed to an international and privileged lifestyle This study consists of a literature study of the profile and cultural identity-formation of Third Culture Kids, as well as the reverse culture shock they experience on their return to their country of origin.An empirical study is conducted to establish how South African Third Culture Kids‟ profiles compare with that of the literature and whether they are affected by reverse culture shock upon their return to South Africa. The information, gathered by means of a survey and individual interviews and from the literature study, was then used to compile guidelines for a programme with which parents would be able to assist their Third Culture Kids during the repatriation to their country of origin. Therapists without international experience would also be able to benefit from using this programme to assist Third Culture Kids. The study confirms that: the profiles of South African Third Culture Kids have commonalities with those described in the literature; South African Third Culture Kids experience problems on re-entry adapting to the culture of the country of origin; parents and therapists should be empowered to assist and support Third Culture Kids with problems relating to their return to their passport country en
dc.format.extent 1 online resource (20], 269, [22] leaves) en
dc.language.iso other en
dc.subject Third Culture Kids en
dc.subject Global Nomad en
dc.subject Expatriate en
dc.subject Repatriate en
dc.subject Host country en
dc.subject Passport country en
dc.subject Cultural identity formation en
dc.subject Culture shock en
dc.subject Reverse culture shock en
dc.subject.ddc 370.150968
dc.subject.lcsh Children -- Education -- Foreign countries -- Psychological aspects en
dc.subject.lcsh Children -- Foreign countries -- Psychology en
dc.subject.lcsh Educational psychology -- South Africa en
dc.title Opvoedkundig-sielkundige ondersoek na derdekultuur-kinders in Suid-Afrika af
dc.title.alternative An educational-psychological exploratory investigation on third culture kids in South-Africa en
dc.type Thesis en
dc.description.department Psychology of Education en
dc.description.degree D. Ed. (Sielkundige Opvoedkundige)


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics