Die boek Job verwerp vergelding as enigste verklaringsbeginsel van goed en kwaad, maar sluit vergelding en beloning nie heeltemal uit nie: Onmiddellike straf op sonde is onversoenbaar met God se genade, maar indien daar volhard word in kwaad, sal God dit uiteindelik straf net soos Hy uiteindelik die goeie beloon. Die
klem op 'n histories-kritiese uitleg van die boek Job, het in die verlede daartoe gelei dat die moontlike literere eenheid van die boek dikwels uit die oog verloor is. Hoewel die boek sander enige twyfel saamgestel is uit verskillende bronne, impliseer dit nie noodwendig dat die auteur nie sy bronne tot 'n sinvolle geheel
gei'ntegreer het nie. Die boek Job toon tekens dat dit hoofsaaklik die werk van een auteur was wat sy. bron(ne) net as 'n vertrekpunt gebruik het, maar nogtans 'n heeltemal nuwe werk gekomponeer het met 'n basiese eenheid in struktuur en inhoud. Histories-kritiese eksegete beskou gewoonlik die redevoerings met die drie vriende en die Godsrede as 'n eenheid, maar beskou die raamvertelling en die Elihu-rede as afsonderlike bronne met 'n eie siening van die teodisee-probleem. Die boek Job moet egter as 'n literere-eenheid verstaan word, met 'n enkele geintegreerde standpunt oor die teodisee-probleem. Die raamvertelling kan in sy huidige vorm slegs in samehang met die poetiese deel verstaan word en hied nie 'n afsonderlike siening oor die teodisee-probleem nie. Die Elihu-karakter vervul 'n antler funksie in die boek as Job se drie vriende. Die Elihu-rede vorm 'n hegte eenheid met die res van die boek en hied 'n inleiding tot die Godsrede. Die Godsrede kan gebruik word as 'n samevatting van die Job-auteur se standpunt oor die teodisee-probleem.
The book Job rejects retribution and reward as the only principle for explaining good and evil, but acknowledges it's existence: Immediate punishment for sinning can not be reconciled with the love of God, but repeated wrongdoing will ultimately be punished by God, just as the good will be rewarded. In the past the
emphasis on a historical critical explanation of the book Job, possibly caused that the literary entity of the book was overlooked. Even though the book is definitely compounded from different sources, it doesn't necessarily mean that the author did not integrate these sources to a meaningful entity. There are certain aspects in the book that indicate that the book was written by one author who used his source(s) as a basis, from which he created a new narrative. In this new creation, the contents and structure of all parts form a basic entity. Historical critical exegetes usually see the speeches of Job's three friends and the Lords' Speeches as an entity. The framework and the Elihu speeches though, are seen as coming from different sources with it's own view on the problem of theodicy. The book Job must, however, be seen as a litermy entity with one integral viewpoint on the problem of theodicy. Although Elihu plays a different role from that of the three friends of Job, his speeches are tightly interwoven with the rest of this book and he can be seen as the forerunner of the Speeches of the Lord. The Speeches of the Lord can be used as a summary of the author's viewpoint on the problem of theodicy.