dc.contributor.author |
Steyn, G.M.
|
|
dc.date.accessioned |
2014-05-09T12:32:01Z |
|
dc.date.available |
2014-05-09T12:32:01Z |
|
dc.date.issued |
2010 |
|
dc.identifier.citation |
59. Steyn GM 2010. ’n Skoolhoof se perspektief op professionele ontwikkeling: ’n enkele gevallestudie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Junie, 50(2): 244 -261. |
en |
dc.identifier.uri |
http://hdl.handle.net/10500/13402 |
|
dc.description.abstract |
Skole word tans met groot uitdagings gekonfronteer as gevolg van sosiale, ekonomiese en tegnologiese veranderinge. Volgehoue ontwikkeling en verbetering van skole ter wille van doeltreffendheid word verlang, en skoolhoofde en professionele ontwikkeling speel ‘n belangrike rol hierin. In hierdie artikel word die volgende navorsingsprobleme aangespreek: Op watter wyse beïnvloed die skoolhoof se professionele ontwikkeling (PO) die skool? Wat is die skoolhoof se gesindheid teenoor PO? Watter rol speel die skoolhoof in sy eie ontwikkeling, die skool se ontwikkeling en die PO van personeel? Watter riglyne vir PO stel die skoolhoof voor?
ʼn Doelgerigte steekproef is in hierdie studie gebruik. In die steekproef word gefokus op ʼn laerskool in Gauteng. Voorts is ʼn kwalitatiewe navorsingsontwerp gekies omdat dit die navorser in staat sou stel om die skoolhoof se perspektief op PO te verstaan. ʼn Triangulasie van navorsingsmetodes sluit in foto’s wat deur die skoolhoof geneem is (alhoewel dit nie by die studie ingesluit nie), skriftelike bydraes, onderhoude met die hoof, veldnotas wat die navorser tydens onderhoude geneem het, ʼn DVD oor die skool en deelnemerkontrole. Tesch se beskrywende metode vir oopkodering is gevolg om die data-analise te doen. Die volgende temas het na vore gekom: die skoolhoof se klem op eie professionele ontwikkeling, “don’t be good, be the best, B+”; die vestiging van ʼn waardestelsel; die kweek van wenners in die skool; “wat doen ons anders?”; en riglyne vir doeltreffende professionele ontwikkeling.
Die studie maak dit duidelik dat die skoolhoof se voorbeeld van selfontwikkeling die vertrekpunt vir doeltreffende PO in die skool is. Met sy entoesiastiese leiding en die “vuur” in sy hart slaag hy daarin om personeel en leerders te motiveer om betrokke te raak by hulle eie ontwikkeling. |
en |
dc.language.iso |
Afrikaans |
en |
dc.subject |
professional development; school development; South African schools;professionele ontwikkeling; skoolontwikkeling; Suid-Afrikaanse skole; kwalitatiewe navorsing |
en |
dc.title |
’n Skoolhoof se perspektief op professionele ontwikkeling: ’n enkele gevallestudie |
en |
dc.type |
Article |
en |
dc.description.department |
Educational Leadership and Management |
en |