Institutional Repository

Herdefiniering van identiteit as 'n proses van wording tydens die adolessent se verlies van 'n geliefde

Show simple item record

dc.contributor.advisor Grobler, Hermanus Bosman
dc.contributor.author Van der Merwe, Susanna Johanna
dc.date.accessioned 2011-02-23T07:09:45Z
dc.date.available 2011-02-23T07:09:45Z
dc.date.issued 2010-04
dc.date.submitted 2010-04
dc.identifier.citation Van der Merwe, Susanna Johanna (2010) Herdefiniering van identiteit as 'n proses van wording tydens die adolessent se verlies van 'n geliefde, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/4048> en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/10500/4048
dc.description Text in Afrikaans, with summaries and keywords in Afrikaans and English
dc.description.abstract This study is aimed at the development of strategies for therapists to be used with adolescents and late adolescents (15 to 20 years of age) who have lost a loved one. This will be done by focussing on the redefining of identity as a way of becoming. The starting point of the study is to be found in the problem formulation that the process of becoming of adolescents who have suffered the loss of a loved one, may be blocked because they do not have the necessary skills to overcome the loss. The second problem is that therapists do not have the necessary skills to empower these adolescents so that the redefining of identity can be achieved. en
dc.description.abstract Hierdie studie is gerig op die ontwikkeling van strategieë aan terapeute vir adolessente en laat-adolessente (vyftien- tot twintigjariges) wat die verlies van ’n geliefde(s) ervaar het, deur te fokus op identiteitherdefiniëring as ’n wyse van wording. Die vertrekpunt van die studie word gevind in die probleemstellings, naamlik dat adolessente wat verlies van ’n geliefde ervaar se wordingsproses geblokkeer kan raak aangesien hulle nie oor die vaardighede mag beskik om die verlies te oorkom nie. Tweedens het terapeute nie die nodige vaardighede om hierdie adolessente te bemagtig sodat identiteitherdefiniëring bewerkstellig kan word nie. Die volgende gestelde navorsingsvrae het die navorsing gelei, naamlik: “Wat ervaar laat-adolessente ten opsigte van hulle identiteit wanneer hulle verlies ervaar?” en “Hoe kan daar deur middel van Gestalt-terapeutiese intervensie by die laat-adolessent wat verlies van ’n geliefde ervaar, herdefiniëring van identiteit bewerkstellig word?” Die navorsingsmetodologie het gevolg vanuit die Gestalt-, opvoedkundig-sielkundige perspektiewe sowel as fenomenologiese sielkunde. Die metateoretiese aanname volg vanuit gekombineerde kwalitatiewe en kwantitatiewe, beskrywende en verkennende ontwerpe. Die kwalitatiewe deel het bestaan uit semi-gestruktureerde onderhoude met die respondente en hulle ouer(s), asook ongestruktureerde onderhoude (terapeutiese intervensie) met die adolessente. Elke respondent het aan ’n minimum van agt 6 terapeutiese sessies deelgeneem om die siklus van ervaringe te kon deurwerk. Die kwantitatiewe deel het bestaan uit die Emotions Profile Index (EPI) wat beskryf kan word as ’n ongestandaardiseerde meetinstrument wat die respondente se emosionele profiele aangedui het en verder ’n blik gebied het op die konfigurasie van hulle identiteit. Triangulasie het in die vorm van semi-gestruktureerde onderhoude, terapeutiese intervensie met adolessente, sowel as die opvolgonderhoude met die adolessente en hulle ouer(s), plaasgevind om die vertrouenswaardigheid van die studie te verhoog. ’n Doelgerigte steekproef is getrek, wat respondente ingesluit het uit die Randburg munisipale gebied in die Randburg distrik. Kategorieë wat vanuit die data van die semi-gestruktureerde onderhoude, die resultate van die EPI en die terapeutiese intervensie geïdentifiseer is, is geïntegreer. Daardie temas wat aangebied is as voorstelle tot strategieë is later vernoem tot voorstelle. Hierdie voorstelle wat deur die literatuur en terapeutiese intervensie geverifieer is, is as feite aanvaar óf verwerp. Die aanvaarde temas is aangebied in die vorm van terapeutiese strategieë. Die daarstelling van terapeutiese strategieë se sukses word gemeet aan die bemagtiging van terapeute sowel as hulle adolessente kliënte af
dc.format.extent 1 online resource (260 leaves): illustrations
dc.language.iso af en
dc.subject Qualitative approach en
dc.subject Adolescence en
dc.subject Redefining of identity en
dc.subject Gestalt perspective en
dc.subject Semi-structured interviews en
dc.subject Combined qualitative and quantitative study en
dc.subject Loss en
dc.subject Process of becoming en
dc.subject Gekombineerde kwantitatiewe en kwalitatiewe studie af
dc.subject Semi-gestruktureerde onderhoude af
dc.subject Kwalitatiewe benadering af
dc.subject Verlies af
dc.subject Adolessensie af
dc.subject Identiteitherdefiniëring af
dc.subject Wordingsproses af
dc.subject Gestalt-perspektief af
dc.subject.ddc 618.928521
dc.subject.lcsh Adolescent psychology -- Case studies en
dc.subject.lcsh Gestalt therapy -- Case studies en
dc.subject.lcsh Grief in adolescence -- Treatment -- Case studies en
dc.subject.lcsh Post-traumatic stress disorder in adolescence -- Treatment -- Case studies en
dc.title Herdefiniering van identiteit as 'n proses van wording tydens die adolessent se verlies van 'n geliefde af
dc.title.alternative Redefining of identity as a process of becoming during the adolescent’s loss of a loved one en
dc.type Thesis en
dc.description.department Social work
dc.description.degree D. Diac. (Spelterapie)


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics