Unisa Institutional Repository

Hanteringsriglyne vir ouers met 'n eiesinnige kleuter : 'n Gestaltperspektief

Show full item record

Title: Hanteringsriglyne vir ouers met 'n eiesinnige kleuter : 'n Gestaltperspektief
Author: Schoeman, Karien
Abstract: Die navorser het met hierdie intervensiestudie hanteringsriglyne vanuit ʼn Gestaltperspektief vir ouers met ʼn eiesinnige kleuter ontwikkel. Om bogenoemde te bereik, is slegs die eerste drie fases, asook Stap 1 van Fase 4 van Rothman en Thomas se Design & Development-model voltooi. Fase 1, naamlik die probleemanalise en projekbeplanning, het gefokus op die identifisering en betrek van respondente, die verkryging van toegang tot en samewerking van respondente, ʼn behoeftebepaling van die populasie, die analisering van die geïdentifiseerde probleem en die bepaling van die doelstellings en doelwitte. Deur die bestudering van bestaande literatuur en natuurlike voorbeelde, sowel as die identifisering van funksionele elemente van suksesvolle modelle is Fase 2, naamlik die insameling en sintese van data, suksesvol voltooi. Tydens Fase 3, naamlik die ontwerpfase, is ʼn waarnemingsisteem ontwikkel en prosedures vir die intervensie gespesifiseer. Deur die ontwikkeling van ʼn prototipe is Stap 1 van Fase 4, naamlik vroeë ontwerp en ontwikkeling, voltooi. Gevolgtrekkings en aanbevelings is vanuit die bevindinge gemaak.
Description: Thesis (M. Diac. (Spelterapie))
URI: http://hdl.handle.net/10500/2777
Date: 2009-02
Citation:


Files in this item

Files Size Format View
dissertation_schoeman_ k.pdf 672.5Kb PDF View/Open

This item appears in the following Collection(s)

Show full item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics