|
Unisa Institutional Repository
|
Die verband tussen die fluoriedinhoud van drinkwater en die voorkoms van tandfluorose in geselekteerde gebiede in Suid-Afrika: 'n medies-geografiese studie
Show full item record
|
Title:
|
Die verband tussen die fluoriedinhoud van drinkwater en die voorkoms van tandfluorose in geselekteerde gebiede in Suid-Afrika: 'n medies-geografiese studie |
|
Author:
|
Zietsman, Susanna
|
|
Abstract:
|
Die tydruimtelike variasie in die fluoriedinhoud vannatuurlike drinkwater en in die voorkoms van
tandfluorose, die verband tussen hierdie veranderlikes asook hulle kovariasie is op 'n hoe
resolusievlak in geselekteerde endemiese gebiede ondersoek. Die drie studiegebiede verskil
grootliks van mekaar wat sommige fisies- en menslik-geografiese kenmerke betref, maar
ondergrondse water was oral die belangrikste bron van drinkwater.
Ioonspesifieke analise en laboratoriumtegnieke is gebruik om die fluoriedinhoud van die
drinkwater uit 517 bronne te bepaal. Die tande van 3 068 kinders is klinies en fotografies
ondersoek. Die erkende Tooth Fluorosis Index en die indeks van Dean is gebruik om die
voorkoms van fluorose te beskryf. Grafiese tegnieke, beskrywende statistieke en nieparametriese
analise van variansietoetse is gebruik om die voorkoms en tydruimtelike variasiepatrone van die
sleutelveranderlikes in elke studiegebied, asook die verskillende ruimtelike eenhede binne die
studiegebiede, te beskryf. Die verband tussen die sleutelveranderlikes asook hul intra- en interareale
kovariasie is ontleed.
Daar is gevind dat die fluoriedinhoud van die ondergrondse water in die Pilanesberg- en
Hammanskraal-studiegebied relatief hoog tot hoog is en die in die Vrystaat-studiegebied relatief
laag. Ruimtelike veranderlikheid met groot verskille oor klein afstande kenmerk die
fluoriedinhoud van ondergrondse water ongeag die gesteentes waaruit dit onttrek word.
Middelwaardes bied ontoereikende beskrywings van die fluoriedgehalte van die drinkwater. Die
skep van nuwe drinkwaterbronne veroorsaak langtermynvariasie in die fluoriedinhoud van die
beskikbare drinkwater.
Fluoroseprevalensie in die studiegebiede bet van 62% tot 87% gewissel, met meer ernstige
aantasting in die Pilanesberg- en Hammanskraal-gebied as in die Suid-Vrystaat. Beduidende
intra-areale ruimtelike variasie is 'n wesenlike kenmerk van die voorkoms van fluorose in al drie
studiegebiede. In alle gevalle het die variasiepatroon in die fluoriedinhoud van die drinkwater die
in die voorkoms van fluorose slegs gedeeltelik verklaar. Sporadiese en/of periodieke kortstondige
blootstelling aan hoe fluoriedkonsentrasies lei tot emstige aantasting ten spyte van die gereelde
gebruik van water met 'n laefluoriedinhoud. Ligte fluorose ontwikkel geredelik in assosiasie met
<0,5 mgF-/l en matige fluorose in assossiasie met 0,5-0,7 mgF-/l, die optimum konsentrasieinterval
vir fluoridasie in Suid-Afrika. |
|
URI:
|
http://hdl.handle.net/10500/1022
|
|
Date:
|
2009-08-25 |
|
Citation:
|
|
Files in this item
This item appears in the following Collection(s)
Show full item record
Search UnisaIR
Browse
-
All of UnisaIR
-
This Collection
My Account
Statistics