This study sought to examine the patterns and drivers of the nutrition transition in urban Ethiopia between 2000 and 2016, which coincided with a period of rapid economic expansion and urbanisation. A mixed-methods research approach combined quantitative data from nationally representative, repeated, cross-sectional surveys with qualitative data gathered through focus-group discussions. It revealed that during the last two decades, urban Ethiopia has been through a nuanced nutrition transition. The transition is underpinned by factors, such as a demographic transition (the composition of the population in terms of age, gender, household size, marital status, and level of education), an economic transition (income, real price, and affordability of food), an epidemiologic transition (perceived causes and consequences of diseases), food-market changes (government subsidy and supply), and an agricultural transformation. The past two decades saw the double burden of malnutrition (with decreasing levels of undernutrition) and growing levels of overnutrition. Despite the overall average calories derived from cereals increasing, their share in total consumption plummeted because of the rapid increase in the contribution of other food categories. The consumption of pulses remained stable, but the share of dietary energy derived from fats and oils continued to rise, replacing the share of starchy staples. The increased consumption of refined cereals and vegetable oil is a feature of the nutrition transition in urban Ethiopia. The gradual but steady increase in the adaptation of "Western diets" largely applies to higher-income groups and the younger generation. This impending nutrition transition, although at an early stage still, has ramifications for nutrition and food security, environmental, social, and economic sustainability, food sovereignty, and public health. Policy interventions are recommended to delay or reverse the detrimental course and to address the exigencies associated with a nutrition transition.
Hierdie studie het die patrone en aandrywers van die voedingsoorgang in stedelike Ethiopië tussen 2000 en 2016 ondersoek, wat met ’n tydperk van vinnige ekonomiese uitbreiding en verstedeliking saamgeval het. ’n gemengdemetode-navorsingsbenadering, bestaande uit kwantitatiewe data uit nasionale verteenwoordigende, herhaalde deursneeondersoeke en kwalitatiewe data uit fokusgroepbesprekings is gevolg Dit het aan die lig gebring dat stedelike Ethiopië die afgelope twee dekades ’n genuanseerde voedingsoorgang beleef het. Die oorgang is ondersteun deur faktore soos demografiese oorgang (die samestelling van die bevolking ten opsigte van ouderdom, geslag, die grootte van huishoudings, huwelikstatus en vlak van opvoeding), ekonomiese oorgang (inkomste, werklike pryse en die bekostigbaarheid van kos), epidemiologiese oorgang (waargenome oorsake en gevolge van siektes), voedsel-markveranderinge (staatsubsidie en voorsiening), en landboutransformasie. Gedurende die afgelope twee dekades is die dubbele las van wanvoeding (met dalende vlakke van ondervoeding) en toenemende vlakke van oorvoeding waargeneem. Al het die algehele gemiddelde kalorieë afkomstig van graan toegeneem, het hulle aandeel aan totale verbruik skerp gedaal as gevolg van die vinnige toename in die bydrae wat ander voedselkategorieë gelewer het. Die verbruik van peulvrugte het stabiel gebly maar die gedeelte van energie verkry uit dieet afkomstig van vette en olies het aanhou styg en styselstapelvoedsel se gedeelte vervang. Die toenemende verbruik van verfynde graan en plantaardige olie is ’n kenmerk van die voedingsoorgang in stedelike Ethiopië. Die geleidelike maar bestendige neiging om “Westerse diëte” aan te neem, word hoofsaaklik by hoër inkomstegroepe en die jonger generasie opgemerk. Hoewel hierdie naderende voedingsoorgang in ’n vroeë stadium is, kan dit gevolge vir voeding en voedselsekuriteit, omgewings-, maatskaplike en ekonomiese volhoubaarheid, voedselsoewereiniteit en openbare gesondheid hê. Beleidsingrypings word aanbeveel om die nadelige verloop van sake te vertraag of om te keer, en aandag moet aan die eise wat met ’n voedingsoorgang geassosieer word, gegee word.