Die Antroposeen word deur Latour (2014) bestempel as die belangrikste konsep sedert die modernisme en verwys na ’n nuwe geologiese tydvak waar die mens as geomorfiese agent sigself op die aarde ingraveer. Binne dié konteks word die aarde volgens Colebrook (2014) ’n argief van antroposentriese aktiwiteite wat afleesbaar is uit die geologiese strata. Geologiese tyd verwys na ’n tydskaal van gebeure wat veel verder terugstrek as die beperkte tydskaal van die menslike geskiedenis. Yusoff (2015a:5) se konsep antropogenese behels dat daar met die aanvang van die Antroposeen ’n nuwe evolusionêre narratief ontstaan wanneer die mens ’n gevoel van geologie- of aardwording ervaar en waar die oorsprong en afsterwe van die mensdom nou setel in ’n geologiese en nie meer ’n tradisionele biologiese konteks nie.
Die identifisering van hierdie tydvakwisseling lei tot ’n geologiese wending in die menswetenskappe en vereis volgens Marshall (2015) onder meer ’n heroorweging van die verhouding tussen die kategorieë menslik/subjek/kultuur en niemenslik/ objek/natuur. Die aard van materialiteit word in ’n materiële wending herdefinieer deur denkstrome soos die nuwe materialisme en objek-geöriënteerde ontologie – aangevul deur idees van Cohen (2014; 2015a; 2015b) – wat erkenning gee aan die subjektiwiteit van materie. Haraway (2016:44) verwys na die Antroposeen as “this time-space-global thing” en impliseer daarmee dat die geologiese wending, naas die onlangse posthumanistiese beskouings oor materie, ook in samehang met diskoerse oor ruimte/plek beoordeel moet word. Westphal (2011b) se geokritiek en insigte van Tally (2014), Prieto (2011, 2012; 2013) en Buell (1995; 2005) oor plek en bioregionaliteit vorm die kern van ’n bespreking oor die ruimtelike wending in die literatuurkritiek.
In hierdie studie word daar dus drie belangrike eietydse paradigmaverskuiwings ondersoek, naamlik die geologiese wending, die materiële wending en die ruimtelike wending, met die doel om ’n geogebaseerde lesing van enkele aardgesentreerde Karootekste van Etienne van Heerden te bemiddel: Toorberg (1986), Die stoetmeester (1993), Kikoejoe (1996), Die swye van Mario Salviati (2000) en Gifkaroo (2013). Die geselekteerde tekste word beskou deur die multifokale lens van geologie, materialiteit en geografie. Hierdie navorsingsonderneming sluit aan by ’n voorstel van Viljoen (2017), naamlik dat Van Heerden se volgehoue kartering van die Karoo op verskeie vlakke sorgvuldige ontleding verg.
Latour (2014) regards the Anthropocene as the most important concept since modernism. The Anthropocene refers to a new geological epoch where humans, as geomorphic agents, inscribe themselves on the earth. In this context, Colebrook (2014) claims that the earth functions as an archive for anthropocentric activities that are readable in the geological strata. Deep time refers to a timescale of events going back further than the limited timescale implied by human history. Yusoff’s (2015a:5) concept of anthropogenesis entails that, with the advent of the Anthropocene, a new evolutionary narrative unfolds where man experiences a sensation of becoming-geologic and where the genesis and demise of mankind are framed within a geological, and not a traditional biological context.
An identification of this epoch gives rise to a geological turn in the humanities and requires, according to Marshall (2015), a reconsideration of the relationship between the categories of human/subject/culture and nonhuman/object/nature. In a material turn, the essence of matter is therefore redefined by theories such as new materialism and object-orientated ontology – supplemented by the ideas of Cohen (2014; 2015a; 2015b) – that acknowledge the subjectivity of matter. Haraway (2016:44) describes the Anthropocene as “this time-space-global thing” and implies that the geological turn, juxtaposed with recent posthumanist views on materiality, should be read in conjunction with discourses on space/place. Westphal’s (2011b) geocriticism and statements by Tally (2014), Prieto (2011, 2012; 2013) and Buell (1995; 2005) on place and bioregionalism inform the discussion on the spatial turn in literary criticism.
In this study, three critical contemporary paradigm shifts in the humanities are therefore explored, namely the geological, material and spatial turns, in order to facilitate a geobased reading of selected earth-centered Karoo narratives by Etienne van Heerden: Toorberg (1986), Die stoetmeester (1993), Kikoejoe (1996), Die swye van Mario Salviati (2000) and Gifkaroo (2013). These texts are viewed through a multifocal lens of geology, materiality and geography. This research project responds to a proposal by Viljoen (2017), suggesting that Van Heerden’s consistent mapping of the Karoo requires meticulous analysis on various levels.