Institutional Repository

Moontlike faktore wat vrouens daarvan weerhou om prinsipale van dorpskole in die Kaapse Wynlanddistrik te word

Show simple item record

dc.contributor.advisor Botha, R. J.
dc.contributor.author Lambert, Susara Katriena
dc.date.accessioned 2022-06-10T06:39:21Z
dc.date.available 2022-06-10T06:39:21Z
dc.date.issued 2022-01-18
dc.identifier.uri https://hdl.handle.net/10500/28954
dc.description.abstract Hoofstuk 1 het begin met ʼn agtergrondskets van die studie (par. 2). Die situasie in Kring 10 van die Kaapse Wynland-distrik is aangedui. Van die 54 skole in die Kring is 21 (39%) dorpskole. Slegs drie van die 21 dorpskole (14%) het vroulike prinsipale. Van die 33 plaasskole, het 23 (42%) van hulle vroulike prinsipale. Na aanleiding van bogenoemde situasie is die probleemstelling van die studie (par. 3) gestel en as navorsingsvraag soos volg geformuleer: Wat is die moontlike faktore wat vrouens daarvan weerhou om prinsipale van dorpskole in die Kaapse Wynland Distrik, Kring 10, te word? Die navorsingsvraag is in die volgende subvrae verdeel: • Hoekom verskil die situasie so beduidend met betrekking tot die aantal vroulike prinsipale in dorpskole met die van plaasskole in die betrokke distrik? • Watter faktore dra by tot die beduidende verskil in getalle van vroulike en manlike prinsipale in dorpskole in Kring 10? • Hoe kan hierdie faktore geëlimineer word om die getal vroulike prinsipale in dorpskole in die distrik te vermeerder? Die populasie en steekproefmonster van die ondersoek is in par. 3.6 duidelik uiteengesit. Die steekproefmonster is deur maksimum-variasie steekproefneming gedoen. Die navorsingsmetode is as kwalitatief geïdentifiseer (par. 5.1). Daar was ʼn bespreking oor die doelstellings en doelwitte van die studie (par. 4). Die dataversamelingstegniek was diepgaande ongestruktureerde onderhoude (par. 5.3). Daarna was daar ʼn bespreking oor die data-analise en aanbiedingsprosedures (par. 5.4). Laastens is die betroubaarheid (par. 6), die etiese oorwegings (par. 7) en die beperkinge van die studie (par. 8) bespreek. Hoofstuk 2 het die teoretiese en literatuurstudie agtergrond van die studie ondersoek. Daar is gekyk na die unieke aard en wese van die vrou (par. 2). Die vrou in die onderwys se historiese perspektief (par. 3) is bespreek. Daar is gevind dat daar sekere beperkinge en probleme vir vrouens in die onderwys is (par. 4). Die verskillende leierskaprolle in die onderwys is bespreek (par. 5). Daar is ook verwys na vroulike leierskap (par. 6) en vrouens in leierskapposisies (par. 7). Daar is bewys gelewer van die tekort aan vroulike leiers internasionaal (par. 8), asook plaaslik (par. 9). Laastens was daar ʼn bespreking oor die moontlike redes vir die stand van sake (par. 10). In Hoofstuk 3 is daar weer gekyk na die navorsingsmetodologie wat in die studie gebruik is en die fokus was op die navorsingsvraag en doel van die studie (par.3.2). Die navorsingsontwerp (par. 3.3) en die navorsingsparadigma (par. 3.4) is bespreek. Die navorsingsbenadering (par. 3.5) was ʼn kwalitatiewe benadering na ondersoekende navorsing. Die populasie van die ondersoek is aangedui, waarna die steekproefmonster bepaal is. Die steekproef het bestaan uit ʼn totaal van 12 deelnemers (n=12) wat soos volg saamgestel was: 2 manlike prinsipale en 2 vroulike prinsipale, 2 manlike opvoeders en 2 vroulike opvoeders, asook 2 manlike ouers en 2 vroulike ouers. Die navorsingsinstrumente, naamlik die literatuurstudie (par. 3.7.1) en onderhoude (par. 3.7.3) is bespreek. Die drie oopeindevrae is aangeheg as Aanhangsel B. ʼn Bespreking oor die data-analise (par. 3.8.1) en die data-aanbieding (par. 3.8.2) het gevolg. Daarna is verwys na die betroubaarheid (par. 3.9.1), die geloofwaardigheid (par. 3.9.2) en die afhanklikheid (par. 3.9.3) van die studie. Die etiese deel van die studie (par. 3.10) het bestaan uit die volgende: Die ingeligte toestemming (par. 3.10.1), met die toestemmingsbriewe in Aanhangsels C en D en die anonimiteit en vertroulikheid (par. 3.10.2). Die hoofstuk is afgesluit met die beperkinge en tekortkominge van die studie. In Hoofstuk 4 is die navorsingsdata voorgelê, geanaliseer en bespreek. Die navorsingsproses (par. 4.2) is gevolg deur gebruik te maak van ongestruktureerde onderhoude. Die drie vrae van die onderhoud was in ooreenstemming met die subvrae van die studie. Onderhoude is gevoer met prinsipale, opvoeders en ouers in die Kaapse Wynland-distrik se Kring 10. Die deelnemers is in twee kategorieë verdeel, naamlik dié van plaasskole en dié van dorpskole in die betrokke kring. Die biografiese data van die deelnemers (par. 4.3) is uiteengesit in tabel 4.1. Ter wille van anonimiteit is kodes aan elkeen van die 12 deelnemers toegeken. In die datavoorlegging en -analise (par. 4.4) is die data wat ingesamel is deur middel van onderhoude verskaf. Die resultate wat verkry is, is neergestip volgens die terugvoering van die deelnemer op die navorsingsvrae. Die hoofstuk het geëindig met die interpretasie van die data deur te kyk na subdoelwit 1 (par. 4.4.2), subdoelwit 2 (par. 4.4.3) en subdoelwit 3 (par. 4.4.4). Hoofstuk 5 verskaf ʼn opsomming van die studie. Die hoofstuk bespreek ook die bevindinge van die studie, deur terug te gaan na die subdoelwitte, soos gesien in Hoofstuk 1. Die hoofstuk word afgesluit met die maak van aanbevelings. af
dc.format.extent 1 online resource (117 leaves) en
dc.language.iso Afrikaans en
dc.subject Vrouens af
dc.subject Prinsipale af
dc.subject Wynlanddistrik af
dc.subject Leierskap af
dc.subject Dorpskole af
dc.subject Plaasskole af
dc.subject Women en
dc.subject Principals en
dc.subject Cape Winelands District en
dc.subject Leadership en
dc.subject Town schools en
dc.subject Farm schools en
dc.subject.ddc 371.20120820968733
dc.subject.lcsh Women school principals -- South Africa -- Cape Winelands District Municipality en
dc.subject.lcsh Educational equalization -- South Africa -- Cape Winelands District Municipality en
dc.subject.lcsh Educational leadership -- South Africa -- Cape Winelands District Municipality en
dc.subject.lcsh Sex discrimination in education -- South Africa -- Cape Winelands District Municipality en
dc.subject.lcsh Sex discrimination in employment -- South Africa -- Cape Winelands District Municipality en
dc.subject.lcsh Women teachers -- South Africa -- Cape Winelands District Municipality -- Attitudes en
dc.title Moontlike faktore wat vrouens daarvan weerhou om prinsipale van dorpskole in die Kaapse Wynlanddistrik te word en
dc.type Dissertation en
dc.description.department Educational Management and Leadership en
dc.description.degree M. Ed. (Onderwysbestuur)


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics