Abstract:
In hoofstuk 1 word die probleemstelling, doel en benadering tot die onderwerp uiteengesit. Die onderwerp word afgebaken en 'n onderskeid getrek tussen intonasie en morfotonologie. Vervolgens word die morfotonologie en die aard van toon in Pedi uiteengesit. Die kriteria waarvolgens onderliggende toon bepaal word
en die tegniek waarop die insameling van stof geskied, word verduidelik.
Die interpretasie en ontlediing van die stof berus op 'n generatiewe benadering waarin
die bepaling van toonreels 'n prominente plek inneem. Die kriteria vir die vasstelling
van onderliggende toon is primer 'n tonologiese omgeving van /-H / sillabes -en
sekonder deduktief. Verskillende toonreels en toonverskynsels word in hoofstuk 2 uiteengesit. Toonreels soos toonassimilasie, toondissimilasie, verlaging van die finale sillabe, toonaantrekking, toonverskuiwing en toonpolarisasie word as toonwysigingsreels
onderskei van stamreels soos die stam-internereel, die tweedesillabe-merkingsreel
en die finalesillabe-merkingsreel. Verder word toonverskynsels soos toonreeks.,
toonpatroon en toonprofiel verduidelik. Die stamreels bewerk bepaalde sillabes in die stam terwyl toonwysigingsreels in beginsel op enige sillabe kan opereer. 'n Toonreeks druk die opeenvolgging van hoe en lae tone op 'n woord of stam uit, wat 'n toonpatroon kan vorm en indien 'n toonpatroon kenmerkend is van 'n bepaalde (sub-)kategorie, vorm dit 'n toonprofiel. Die agtergrond tot die beskrywing en ontleding van die werkwoord, wat die kern van die ondersoek vorm, word in hoofstuk 3 uiteengesit. Die gebruik van ad hoc terme soos modus, tyd en aktualiteit word verduidelik met 'n uiteensetting van
die onderliggende toon van werkwoordstamme en werkwoordelike morfeme. In hoofstukke 4 tot 9 word die toonreels toegepas op die verskillende werkwoordkategoriee en gedegradeerde hulpwerkwoordgroepe. Die ontledings word gedoen vir die nie-perfektum positief, die perfektum positief, die nie-perfektum negatief, die perfektum negatief, verdere gegradeerde hulpwerkwoordgroepe positief en laastens die negatief van die verdere gegradeerde hulpwerkwoordgroepe in die volgoorde vir die ses hoofstukke. Die morfotonologie van die naamwoord word in hoofstuk 10 oorsigtelik behandel met 'n afdeling oor deverbatiewe toonomsetting. Die ander woordsoorte soos voornaamwoorde, interjektiewe, bywoorde, klitika, ideofone en interjektiewe demonstratiewe se morfotonologie word in hoofstuk 11 bespreek. In die samevatting (hoofstuk 12) word die belangrikste toonkenmerke van werkwworde in die verskillende kategoriee in 'n tabel saamgevat. Gevolgtrekkings rakende die werkwoord en werkwoordelike morfeme se verhouding tot bepaalde toonreels word gemaak. Die naamwoord se toonpatrone word ook in 'n tabel byeengebring en gevolgtrekkings rakende die naamwoord en die ander woordsoorte word aangestip. Ten slotte word onderwerpe met betrekking tot intonasie, morfotonologie, die toonreels en vergelykende toonstudies vir verdere ondersoek uitgelig.