In hierdie studie word meerduidigheid as n subkategorie van meervoudigheid
van betekenis beskou. Onder die hoofverdeling tussen
leksikale en nie-leksikale meerduidigheid word verskillende tipes
en subtipes meerduidigheid onderskei, wat almal die volgende gemeen
het, dat dit telkens om een vorm gaan met meer as een moontlike,
duidelik onderskeibare interpretasie.
Daar word gepoog om eerstens op algemeen-teoretiese vlak die aspekte
van meerduidigheid aan te toon waarvan 'n beskrywend adekwate teorie
rekenskap sal moet kan gee. Die wesenlike aspekte verbonde aan die
verskynsel word uitgelig by wyse van n kritiese oorsig van die tradisionele,
die sintakties- en semanties-gerigte, die psigolinguistiese
en die pragmatiese benaderings. Tweedens word daar gepoog
om op taalspesifieke vlak meerduidigheid in Afrikaans op n adekwate
wyse te verantwoord, deur die aard en die bereik van die meerduidigheid
op verskillende vlakke te ondersoek, en taalspesifieke meerduidigheidskeppende
faktore en vereenduidigingsmeganismes te isoleer.
Daar word ingegaan op verskeie teoretiese beskouinge aangaande die
leksikon, en stilgestaan by die leksikografiese problematiek - veral
met betrekking tot die onderskeid tussen homonimie en polisemie.
Verskillende kategoriee van leksikale en nie-leksikale meerduidigheid
word ten opsigte van meerduidigheid s keppende faktore, meerdui digheidsbereik en vereenduidigingsmeganismes en -strategiee onder die loep
geneem. In die proses word die wisselwerking tussen fonologiese,
sintaktiese, semantiese en pragmotiese parameters wat n rol speel
by die interpretasie van uitinge, verken.
Verder word daar ingegaan op intensionele meerduidigheid soos dit
neerslag vind in verbale humor- veral in die vertelgrap en raaisel .
Daar word aangesluit by Raskin (1985) se onderskeid tussen die
bona fide-modus en die nie-bona fide-modus van kommunikasie. Die
voorwaardes vir en die meganismes van humor in n paar Afrikaanse
grappe en raaisels word ontleed aan die hand van Raskin (1985) se
skrip-semantiek, in terme waarvan hy linguistiese humor probeer verklaar binne n taalhandelingsraamwerk.
Die studie dui daarop dat daar op algemeen-teoretiese vlak 'n behoefte
bestaan aan omvattende taalgebruiksteorie waarbinne die moedertaaI spreker se jntuitiewe inlerpretasie en vereenduidiging van meerduidige
uitinge op adekwate wyse verantwoord kan word.
In this study cimbiguity is analysed as a sub-category of multiple
meaning. Within the main div ision between lexical and non-lexical
ambiguity, a distinct ion is made between various types and sub-types
of ambiguity which all share one characteristic: that of consisting
of a single form representing more than one possible, clearly distinguishable
interpretation.
Firstly, an attempt is made on a general theoretical level to show
which aspects of ambiguity an adequate theory must account for. The
essential aspects of the phenomenon are dealt with by means of a
critical review of the pragmatic, syntactic, semantic, psycholinguistic
and traditional approaches. Secondly, an attempt is made on a
language-specific level to give an adequate account of ambiguity in
Afrikaans by investigating the nature and scope of ambiguity on
different levels.
Various theoretical approaches to the lexicon are considered, focusing
inter alia on lexicographical problems, with particular reference
to the distinction between homonymy and polysemy. Different categories
of lexical and non-lexical ambiguity are considered in an
attempt to isolate those factors causing ambiguity, and to ascertain
the scope of the various ambiguities as well as the constraints and
disambiguation mechanisms and strategies applicable in each case.
In the course of this investigation attention is drawn to the interaction
between phonological, semantic, syntactic and pragmatic parameters
pertaining to the interpretation of utterances.
In my investigation of intentional ambiguity in verbal humour, a
number of Afr ikaans jokes and riddles are analysed according to
certain conditions for and mechan isms of humour. This analysis
draws on Raskin's (1985) theory of script-semantics and his distinction
between the bona fide-mode and the non-bona fide-mode of communication.
On a general theoretical level this thesis indicates a need for a
comprehensive theory of language use which can adeq uately account
for the mother-tongue speaker's intuitive interpretation and disambiguation
of ambiguous utterances.