Institutional Repository

Die ekstrinsieke getuienis-reel in die Suid-Afrikaanse kontraktereg

Show simple item record

dc.contributor.advisor Van der Merwe, D.P.
dc.contributor.advisor Floyd, Tomas Berry
dc.contributor.author Bekker, Petrus Marthinus
dc.date.accessioned 2009-09-23T09:53:00Z
dc.date.available 2009-09-23T09:53:00Z
dc.date.issued 2009-02
dc.identifier.citation Bekker, Petrus Marthinus (2009) Die ekstrinsieke getuienis-reel in die Suid-Afrikaanse kontraktereg, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/2604> en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/10500/2604
dc.description.abstract Die ekstrinsieke getuienis-reël word in die algemeen beskou as een van die mees problematiese areas van die Suid-Afrikaanse bewysreg. Die Suid-Afrikaanse Regskommissie het dan ook redelik onlangs ondersoek ingestel na die wenslikheid van die behoud of afskaffing van die reël. Ondersoek word ingestel na die ware aard van die ekstrinsieke getuienis-reël en of die reël op ’n korrekte wyse in die Suid-Afrikaanse reg ingevoer is. ’n Deeglike kritiese ontleding word verder gedoen van die twee komponente waaruit die ekstrinsieke getuienis-reël bestaan, naamlik die integrasiereël en die interpretasiereël, met behoorlike verwysing na relevante regspraak en die standpunte van akademiese skrywers op hierdie gebied. Kritiese ondersoek word verder ingestel na die verslag en aanbevelings van die Suid-Afrikaanse Regskommissie ten aansien van die ekstrinsieke getuienis-reël. Die impak van die 1996 Grondwet, asook die moderne ontwikkeling van die rekenaar en elektroniese dokumente op die ekstrinsiekegetuienis-reël word ook kortliks ondersoek. Daar word verder grondig ondersoek ingestel na die ekstrinsieke getuienis-reël in ’n regsvergelykende perspektief met spesifieke verwysing na die Engelse, Amerikaanse, Kanadese, Nederlandse, Duitse, Franse en Switserse reg, asook die moontlike waarde wat sodanige benaderings kan toevoeg tot die reël in ’n Suid-afrikaanse konteks. Die gevolgtrekking waartoe gekom word in hierdie proefskrif is dat die ekstrinsieke getuienis-reël aansienlik gemodifiseer moet word in die Suid-Afrikaanse reg deur middel van die promulgering van spesifieke wetgewing op hierdie gebied. Die essensie van hierdie wetgewing moet daaruit bestaan dat alle relevante ekstrinsieke getuienis toegelaat behoort te word ten einde die ware bedoeling van die kontrakspartye vas te stel, behalwe waar dit blyk dat hulle ooreengekom het om hulle algehele ooreenkoms in die skriftelike kontrak te integreer. Daar behoort egter terselftertyd ’n aansienlike bewyswaarde aan die skriftelike dokument, asook die terme daarin vervat, geheg te word ten einde die onskendbaarheid van die skriftelike dokument te preserveer. en
dc.format.extent 1 online resource ([12], 619 leaves)
dc.language.iso af en
dc.subject Parol Evidence Rule en
dc.subject Integration rule en
dc.subject Interpretation rule en
dc.subject Parol evidence en
dc.subject Clear-meaning rule en
dc.subject Partial integration en
dc.subject Written document. en
dc.subject Extrinsic evidence en
dc.subject Contract
dc.subject Law of Evidence
dc.subject Interpretation
dc.subject.ddc 346.22068
dc.subject.lcsh Evidence (Law) -- South Africa.
dc.subject.lcsh Contracts -- South Africa
dc.subject.lcsh Evidence, Documentary -- South Africa
dc.title Die ekstrinsieke getuienis-reel in die Suid-Afrikaanse kontraktereg en
dc.type Thesis en
dc.description.department Criminal and Procedural Law
dc.description.degree LL.D.


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics