Institutional Repository

Fonologiese en morfologiese beskrywing van Lobedu

Show simple item record

dc.contributor.advisor Louwrens, L. J.
dc.contributor.author Kotze, Albert Ewald
dc.date.accessioned 2015-05-28T09:49:04Z
dc.date.available 2015-05-28T09:49:04Z
dc.date.issued 1995-06
dc.date.submitted 2015-05-28
dc.identifier.citation Kotze, Albert Ewald (1995) Fonologiese en morfologiese beskrywing van Lobedu, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/18654> en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/10500/18654
dc.description.abstract In hierdie studie word die fonologie en die morfologie van Lobedu, 'n dialek van die Noordoostelike dialekbundel van Noord-Sotho, beskryf. Historiese gegewens, soos in hoofstuk 1 weergegee, toon aan dat die Balobedu vroeer uitgebreide kontak met die Bavenda gehad het. Die vokale van Lobedu is anders as hulle standaard ewekniee op die vokaalkaart geposisioneer. In hoofstuk 2 word aangetoon dat die vokaalsisteem in sekere opsigte met 'n vyfvokaalsisteem ooreenstem, maar nogtans oor sewe foneme beskik. Tekens van 'n verskuiwing in die rigting van die meer tipiese sewevokaalsisteem is opgemerk. Die konsonante van Lobedu word gekenmerk deur veral vier a-tipiese artikulasies: dentale klanke vervang die standaard laterale sluitklanke, retroflekse sluitklanke vervang alveolere sluitklanke, oorwegend stemhebbende sluitklanke vervang tipiese Noord-Sotho se geejekteerde klanke, en affriksie by die vrylating van retroflekse plosiewe is prominent. In hoofstuk 3 word gekonsentreer op die toonpatrone wat verskillende naamwoorde en werkwoorde kenmerk. lnteressante verskille tussen standaard Noord-Sotho en Lobedu is gedokumenteer, hoewel daar uiteraard ook heelwat ooreenkomste bestaan. In hoofstuk 4 word die oorsprong van foneme diachronies nagespeur, terwyl alle geidentifiseerde klankveranderinge in hoofstuk 5 opgeneem is. 'n Uitstaande kenmerk van Lobedu is dat die kombinasie van labiale konsonante geheel en al anders as in tipiese Noord-Sotho hanteer word. In hoofstukke 6 tot 8 word die woordkategoriee morfologies beskryf en ontleed. Kenmerke van die werkwoord in die verskillende verbale subkategoriee kom ook aan die orde: Daar word na diachroniese feite verwys ten einde die voorkoms van sekere allomorfe te verklaar, terwyl die herkoms van sekere morfeme na Venda en Tsonga teruggevoer word. Hoofstuk 9 bevat 'n gedetailleerde uiteensetting van die struktuur van die verskillende kopulatiewe. In die finale hoofstuk word tot die slotsom gekom dat Lobedu wel as 'n dialek van Noord-Sotho beskou moat word, ten spyte van aansienlike Venda-beinvloeding. Die voorkoms van a-tipiese kenmerke diskwalifiseer Lobedu nie as 'n Noord-Sotho dialek nie; indien wel, moat die status van verskeie ander Noord-Sotho dialekte ook bevraagteken word. Die Balobedu beskou hulleself as Noord-Sotho manse, en die effektiewe kommunikasie tussen die Balobedu en sprekers van Noord-Sotho bewys dat onderlinge verstaanbaarheid 'n werklikheid is af
dc.format.extent 1 online resource (xx, 453 leaves) en
dc.language.iso af af
dc.subject Lobedu en
dc.subject Northern Sotho en
dc.subject North Eastern dialect cluster en
dc.subject Phonology en
dc.subject Phonetics en
dc.subject Phonological processes en
dc.subject Diachronic phonology en
dc.subject Tonology en
dc.subject Morphology en
dc.subject Copulatives en
dc.subject.ddc 496.3977115
dc.subject.lcsh Northern Sotho language -- Morphology en
dc.subject.lcsh Northern Sotho language -- Morphology en
dc.subject.lcsh Northern Sotho language -- Morphology en
dc.subject.lcsh Northern Sotho language -- Dialects -- Phonology en
dc.subject.lcsh Lobedu (African people) en
dc.title Fonologiese en morfologiese beskrywing van Lobedu en
dc.type Thesis en
dc.description.department African Languages en
dc.description.degree D. Litt. et Phil. (Afrikatale) af


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics