In die perswese van Suid-Afrika het Die Burger gedurende
die dertiger- en veertigerjare ’n besondere plek beklee. A1
was dit nie ’n koerant met reusesirkulasiesyfers nie, is dit
gerespekteer omdat dit onder meer ’n besonder bevoegde redaksie
en bestuurspan gehad het. Die wyse waarop hy sy direkte
teenstander, Die Suiderstem, in die stof laat byt het, lewer
bewys van Die Burger se krag en invloed, veral in sy hinterland.
Die Burger en die Nasionale Party van Kaapland se noue verbintenis
het tot gevolg gehad dat hulle ’n gedugte span gevorm
het. Die verbintenis, wat wedersydse voordele ingehou het,
is grootliks versterk deur D.F. Malan se betrokkenheid by
Die Burger. Die rol wat die twee redakteurs A.L. Geyer en
PJA. Weber in die tydperk 1934 tot 1948 gespeel het, moet
as van kardinale belang beskou word. Veral die persoonlike
ondersteuning wat hulle aan D.F. Malan gegee het in sy opbou
van die Nasionale Party in die jare 1934 - 1948, het ’n deurslaggewende
uitwerking op die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis
gehad.
Die rol wat Die Burger gedurende die koalisietydperk en daarna
tydens samesmelting gespeel het, asook sy besonder noue verbintenis
met sy lesers, het die koerant veral in Kaapland ’n baie
belangrike politieke faktor gemaak. Dit het aan hom ook ’n
besondere posisie van mag binne die Nasionale Party van Suid-
Afrika laat inneem. Hierin het Geyer as redakteur, maar veral
in sy persoonlike hoedanigheid, ’n groot rol gespeel.
Die Burger se jarelange bydrae as kultuurbouer van die Afrikaanssprekendes
het meegewerk dat die koerant as mede-skepper
van die Nasionale Party se apartheidsfilosofie opgetree het.
Die filosofie is beskou as die enigste wyse waarop die Afrikaanssprekende
se kulturele en politieke regte beskerm en bestendig
kon word.
As praktiese instrument het dit veral ná 1939 ook meegehelp
om die Nasionale Party aan bewind te bring in 1948. Die koerant
het J.C. Smuts en die Verenigde Party gereeld aangeval en
op alle gebiede aan die kaak probeer stel. Veral gedurende
en na die Tweede Wereldoorlog het die koerant die Smuts-bewind
as ’n onbevoegde regering aan sy lesers voorgehou, 'en het sekerlik
sukses daarmee behaal.
During the nineteen thirties and forties the Afrikaans newspaper
Die Burger occupied a prominent place within the ambience
of the South African press. Without reaching large circulation
figures, it achieved recognition and respect because - apart
from other reasons - it commanded the skills of a very competent
editorial staff and management team. The way in which it
effectively ousted its main rival Die Suiderstem, is testimony
of its power and influence, particularly in its hinterland.
The close association between Die Burger and the Cape National
Party represented a formidable joining of forces. This relationship,
entailing mutual advantages, was sustained significantly
by the involvement of Dr. D.F. Malan with Die Burger. Of
cardinal importance also was the part played by two editors,
A.L. Geyer and P.A. Weber, in the period 1934 to 1948. Their
personal support of Dr. Malan in establishing and consolidating
the National Party during the years 1934 to 1948 had a decisive
influence on South African political history.
The role assumed by Die Burger in the period of Coalition
and Fusion, as well as the close bond it had established
with its readership, made it a potent political force, particularly
in the Cape Province. At the same time it gained for
itself an important position of power within the National
Party of South Africa. In all of this Geyer was a central
figure - officially as editor, but more particularly also
in a personal capacity.
Die Burger's efforts over the years in advancing the cultural
cause of Afrikaners led the paper to become a co-founder
of the National Party's philosophy of apartheid. The implementation
of this ideology was regarded as the only way in which
the cultural and political rights of Afrikaners could be
safeguarded and maintained.
After 1939 the paper proved instrumental in bringing the National
Party to power in the election of 1948. It regularly attacked
General J.C. Smuts and his United Party on a wide political
front, pointing out their shortcomings in various areas.
Especially during and immediately after World War II it severely
criticized the Smuts government for being incompetent, and
it undoubtedly achieved political success with this strategy.