Miljoene mense ervaar voedselonsekerheid en een uit elke 50 hanger mense is woonagtig in Suid Afrika. Daar is genoeg voedsel op ons planeet om elke mens van 'n voldoende voorraad voedsel te verseker; dit waarborg egter nie voedselsekuriteit aan almal nie. Dit is die voedselparadoks: ondanks globale surplusproduksie van voedsel, ly miljoene mense wereldwyd aan wanvoeding en honger, maar veral in die ontwikkelende lande. Suid-Afrika is geen uitsondering nie en ten spyte van selfvoorsiening in voedsel, balanseer die voedselgelykstelling nie. Daar bestaan 'n ekstreme gaping tussen die produksie en verbruik van voedsel. Gevolglik is die probleem wat nagevors is in hierdie studie die gebrek aan voedselsekuriteit binne 'n wereldkonteks met voedselsurplusse en hoe dit reflekteer in Suid-Afrika. Teen hierdie agtergrond is daar 'n studie gedoen van die oorsake van
voedselonsekerheid en die teoriee en verduidelikings van hongersnood.
Die fokus van hierdie navorsingstudie is drieledig van aard. Eerstens fokus dit op 'n konseptuele ondersoek na hanger, armoede, voedselsekuriteit en hongersnood in Afrika. Tweedens is ondersoek ingestel na die oorsake vir die gebrek aan voedselsekuriteit in Afrika. Derdens is daar gefokus op Suid-Afrika en is 'n ondersoek gedoen na die voorkoms van hanger, wanvoeding, armoede en die nasionale konteks van voedselsekuriteit met die doel om vraagstukke daaromheen te identifiseer. Daar is bevind dat voedselsekuriteit bepaal word deur die beskikbaarheid van voedsel (aanbod) en die vermoe van mense om dit te bekom (aanvraag). Dit blyk dat die ontwikkelingsproses, regeringsbeleid, ekologiese omgewing en tegnologie, wetenskap en navorsing 'n direkte invloed het op die voedselsekuriteit van mense, en dat Suid-Afrika nie verskil van ander Afrikalande in hierdie
verband nie. Hoewel Suid-Afrika voedselselfvoorsiening bereik het, ly miljoene mense honger weens
armoede en die gebrek aan aansprake wat bydra tot 'n gebrek aan voedselsekuriteit. Die studie toon
dat die Suid-Afrikaanse regering verskeie beleidsmaatreels in plek het ter bevordering van
voedselsekuriteit, maar dat dit nie in die praktyk verwesenlik word nie.
Millions of people in the world experience food insecurity and one out ofevery 50 hungry people lives in South Africa. There is enough food on our planet to assure every person of an adequate supply of food; however, this does not guarantee food security for all. This is the food paradox: despite a global surplus production of food, millions of people experience malnutrition and hunger all over the world, but especially in the developing countries. South Africa is no exception and despite self-sufficiency in food, the food equation is not balanced. An extreme gap exists between the production and consumption of food. Consequently, the problem researched in this study is the lack of food security in a world context with surplus food and how this is reflected in South Africa. Against this background a study was undertaken of the causes of food insecurity and the theories and explanations of famine.
The focus of this research study is threefold. Firstly it focuses on a conceptual enquiry intohunger, poverty, food security and famine in Africa. Secondly there is an enquiry into the causes of the lack of food security in Africa. Thirdly it focuses on South Africa and an enquiry is done into the incidence of hunger, malnutrition and poverty, and into the national context of food security with the aim of identifying relevant problems in food security.
It was found that food security is determined by the availability of food (supply) and the
capability of people to obtain it (demand). It appears that the development process, government policy,
ecological environment and technology, science and research directly affect the food security of people, and that South Africa does not differ from other African countries in this regard. Although South Africa has achieved food self-sufficiency, millions of people experience hunger because of poverty and the lack of entitlements. The study shows that the South African government has various policy measures for the promotion of food security in place, but that food security does not materialise in practice.