This study of the promise sayings elucidates the motif of victory as the book's macrodynamic
theme. Through intentional examination, the thesis finds the issue epitomized throughout Revelation
on two levels-formally (re structure) and materially (re content). Jesus as Victor over death
and the dragon desires the Asian believers to be prepared for his soon coming. The victors are
promised eschatological rewards if they overcome various internal and external threats.
In mapping out the dramatic scenario Chapter 1 explores afresh such background issues as
authorship and audience. The pagan religious environment, represented by the Artemis and emperor
cults, is demonstrated to be adversarial. Chapter 2 looks at four situations in Revelationthe
rhetorical, historical, apocalyptic, and prophetic. Their composite exigences point to an early
dating in the late 60s. Chapter 3 postulates that chiasmus is Revelation's macrostructure, and a
chiastic model is proposed. Chapter 4 examines several proposed forms for the seven letters,
such as edicts, oracles, and epistles. We conclude that they are a mixtum compositum-best
called prophetic letters.
Chapter 5 explores the sociological significance of victory in the Greco-Roman world.
Through the use of language such as vLKaw and images like the palm branch, John motivates his
audience toward the ideal of victory. Chapter 6 investigates the text of the promises and their cotexts
as reflected intertextually in traditions of biblical literature. Local references are also determined
to contribute to a multivalent interpretation of the promise imagery. Chapter 7 surveys the
eschatological fulfillment of the promises, especially in the new Jerusalem. The rewards of spiritual
provision, heavenly place, and divine person serve to incite the saints to victory. Chapter 8
investigates the appropriation of the promises for the time and the text world of Revelation. A multiplicity
of functions for the promise sayings is established.
This study shows that the promises function as prophetic parenesis to help the saints endure
the coming tribulation. The possibility and reality of such a fulfillment and the appropriation of the
promises allow us to postulate that these promises to the victors are not vain pies in a very bleak
sky!
Hierdie studie oor die belofte uitsprake in die briewe aan die sewe gemeentes in Openbaring 2-
3 lig die motif van oorwinning toe as die sentrale tema van makrodinamiese omvang in
Openbaring. Deur middel van 'n doelgerigte ondersoek bevind die studie dat die saak van oorwinning
die twee brandpunte in die boek Openbaring vorm, naamlik, op formele vlak (re metode
en struktuur van Openbaring en van die studie), en materieel (d.i. inhoudelik).
Jesus as oorwinnaar oor die dood en oor die draak, koester die sterk begeerte dat die gelowiges
van Asie gereed meet wees vir sy spoedige advent. Netsoos die profete van die Ou
Testament waarsku Johannes die gemeentes oor die netelige situasie waarin hulle hulself
bevind ten opsigte van die sosiale, politieke en religieuse situasie. In hierdie konteks word aan
die oorwinnaars bepaalde beloftes van eskatologiese belonings gemaak as hulle die interne
bedreigings van valse leringe en van vervolgings van buite sou oork6m.
Deur vrugbare gebruikmaking van die perspektief van intertekstualiteit word die siening gesubstansieer
dat Johannes se gehoor/lesers daarvan kennis meet neem dat hulle situasie
geensins verskil van die lotgevalle van God se volk ender vorige vreemde onderdrukkers socs
die Babiloniers nie.
Hoe sal die gelowiges hierdie uur van toetsing deurstaan?
Ten einde hierdie hele dramatiese scenario uit te stippel, ontgin Hoofstuk 1 opnuut die
velde van agtergrond socs outeurskap, eerste gehoor/lesers, en hulle religieuse omgewing. Dit
word gestel dat die heidense religieuse omgewing, socs verteenwoordig deur die Artemis en
keiserkultus, baie vyandiggesind van aard is. Hoofstuk 2 bekyk en interpreteer vier situasies
wat in Openbaring teegekom word, naamlik, die retoriese, historiese, apokaliptiese, en profetiese.
Die samegestelde aard van hierdie noodsituasie wys heen na 'n vroee datering van
Openbaring, naamlik, in die laat sestiger jare van die eerste eeu, v66r die verwoesting van Jerusalem. In Hoofstuk 3 word beredeneer dat chiasme die mees geskikte beskrywing vir
die struktuurvorm van Openbaring is. Met chiasme as heuristiese instrument kan aangetoon
word dat die beloftes en hulle vervulling in Openbaring 2-3 ·n beduidende rel in die struktuur
van die boek speel. Hierop volg Hoofstuk 4 waarin moontlike literatuurvorms vir die sewe
briewe voorgestel word, naamlik, edikte, orakels, en epistels/briewe. Daar word voorgestel dat
dit beskou meet word as mixtum compositum wat goedskiks profetiese briewe genoem kan
word en wat sewe samestellende uitsprake omvat.
Hoofstuk 5 ontsluit die sosiologiese beduidenis van die idee en verskynsel van oorwinning
in die Grieks-Romeinse wereld. In Openbaring hou dit in dat Johannes beide verbaal (re die
gebruik van die Griekse werkwoord VLKaw) en beeldsprakig (re 'palmtak') sy gehoor ge-inspireer
het ten opsigte van die ideaal van oorwinning. Hoofstuk 6 ontleed die teks van die belofte uitsprake,
en die ko-tekste soos wat dit intertekstueel weerspieel word in bybelse tradisies.
Plaaslike verwysings word oak in ag geneem ten einde tot 'n polivalente interpretasie van die
belofte-beeldspraak by te dra. Hoofstuk 7 gee 'n analitiese oorsig van die vervulling van die
eskatologiese beloftes, veral ten opsigte van die nuwe Jerusalem. Die belonings van geestelike
voorsiening, 'n hemelse woonplek, en van 'n goddelike persoon dien om die heiliges aan te
spoor tot oorwinning oar die verbete vyande. Hierop volg Hoofstuk 8 wat die toe-eiening van
die beloftes binne die boek Openbaring en vir die tyd en tekswereld van die boek self ondersoek.
'n Veelvuldigheid van funksies, wat verkry word uit 'n multidissiplinere eksegetiese metodiek,
word vir die belofte uitsprake vasgestel en beskryf.
Hierdie studie toon aan dat die beloftes van oorwinning aan die sewe gemeentes in KleinAsie
funksioneer as profetiese vermanings, waarvan die beeldspraak ontleen is aan 'n verskeidenheid
van bybelse tradisies. Die vervulling hiervan kan reeds al in Openbaring 19-22 gesien
word. Dit toon verder aan dat, anders as in die geval van die gevalle Rome, die heilige
stad genaamd Jerusalem op die oorwinnende bruid sal wag. Die moontlikheid en werklikheid
van die vervulling en toe-eiening van die beloftes van Openbaring 2-3 regverdig dit om te postuleer
dat hierdie beloftes beslis nie ydele 'koeke vir die hiernamaals' (d.i. "pies in the sky") is
nie! Nee, die Openbaring aan Johannes was bedoel om 'n profesie van troos vir die volk van
God te wees en dit funksioneer beslis as sodanig