Hierdie navorsing berus op die idee dat die tekste in die oeuvre van sommige skrywers op so 'n manier met mekaar verbonde is dat 'n mens dit as 'n eenheid kan begin lees en ervaar. Met Derrida se begrip van genealogiese verwantskap van tekste as vertrekpunt, het ek daardie intertekstuele verbande in J.C. Steyn se
oeuvre nagegaan waardeur sy hoorspelteks, poesie- en prosatekste tot 'n verwikkelde weefsel ontwikkel het.
Dit het gou duidelik geword dat daar twee hoofstrominge in Steyn se tekste aan die orde kom: 'n motief van persoonlike tekortkominge wat deurwerk na 'n groter sosiale groep toe is van vroeg af duidelik skering en inslag daarin. Reeds in "Die skuldige: 'n hoorspel" (1974) staan die homo erotiese geneigdheid van die sentrale karakter in noue verband met die sosio-ekonomiese vraagstuk van die gesin wat al hulle aardse besittinge verloor. Die gedigte in die eerste helfte van Die grammatika van liefhe (1975) word gekenmerk deur die digterspersoonlikheid se sterk weersin teen sy eie tekortkominge; in die laaste gedeelte gaan sy persoonlike gemoeidheid oor in 'n besorgdheid oor die Afrikaner en die voortbestaan van Afrikaans. Van Op pad na die grens (1976) af, oor Dagboek van 'n verraaier (1978) en Die verlore vader (1985) tot en met Hoeke Boerseuns ons was (1991) neem die hoofstrominge van Steyn se tekste duideliker vorm aan: aan die een kant is daar die nasionale problematiek
waar hy voortbou op C.J. Langenhoven se Die pad van Suid-Afrika, en die bestaanstryd van die Afrikaner volg tot in die huidige tydsgewrig; aan die ander kant worstel die karakters van sy tekste met persoonlike vraagstukke waaronder veral 'n homo-erotiese geneigdheid waarmee hulle hul nie kan versoen nie. Oorkoepelend vertel Steyn die verhaal van die Afrikaanse elckerlijc wat hom as gevolg van teenstrydige sosiaal-politieke invloede toenemend in 'n toestand van leed, verwarring en geestelike ontreddering bevind. Ten slotte wys ek hoe Steyn deur middel van defiksionalisering in sy tekste homself en die Afrikaner ontmasker. Die invloed daarvan is heilsaam: op persoonlike vlak is dit suiwerend en die stukrag van sy kuns; in die geval van die Afrikaner vervul hy daarmee die rol van die Afrikaner se kollektiewe gewete.
This research is based on the theory that the texts in the oeuvre of certain writers are related to each other in such a way that one can read and experience them as a unity. Using Derrida's concept of the genealogical relationship of texts as a point of departure, I have examined those intertextual relationships in J.C. Steyn's oeuvre in which his radio play, poetry and prose texts have developed to a complicated fabric. It soon becomes clear that two main streams emerge in Steyn's texts: a motif of personal defect which percolates to a larger social group.
Already in "Die skuldige: 'n hoorspel" (1974) the homoerotic disposition of the central figure is closely related to the
socio-economic problems of the family who lose all their material possessions. The poems in the first half of Die grammatika van liefhe (1975) are characterised by the poetic personality's strong aversion to his own imperfections; in the final part, his personal concern about the Afrikaner and the continued existence of Afrikaans emerge. From Op pad na die grens (1976), through Dagboek van 'n verraaier (1978) and Die verlore vader (1985), up to and including Hoeke Boerseuns ons was (1991), the main streams of Steyn's texts become more clearly discernible: on the one hand, one encounters the national concerns in which Steyn develops themes found in C.J. Langenhoven's Die pad van Suid-Afrika and follows the Afrikaner's struggle for survival to the present juncture; on the other hand, the characters of his texts struggle with personal difficulties such as a propensity to
homoeroticism to which they cannot reconcile themselves. An overarching concern of Steyn's is the story of the Afrikaans Everyman who, as a result of conflicting socio-political influences, increasingly finds himself in a state of sorrow, confusion and spiritual collapse. Finally, I reveal how Steyn exposes himself and the Afrikaner in his texts by means of defictionalisation. Its influence is beneficial: at a personal level, it is purifying and is the
impetus of Steyn's art; and, in the case of the Afrikaner, it fulfils the role of the Afrikaner's collective conscience.