In hierdie studie is as doelwit gestel 'n nuwe benadering tot die verklaring van die boek Openbaring. Die rede hiervoor is dat sommige verklaringsmetodes nie by 'n duidelike formulering van die boodskap van Openbaring uitkorn nie. Sommige rnetodes is kunsrnatig, terwyl ander weer so ingewikkeld is dat dit die boek onverstaanbaar maak. In die werkshipotese van die studie word die hermeneutiese presupposisie gestel dat die boek self riglyne oor sy verklaring gee, veral in sy eerste hoofstuk. Die tema en die strekking van die boodskap wys uit hoe die boek verklaar rnoet word. Die heerskappy van God is die hoofmotif van Openbaring en die vertrekpunt van die uitleg daarvan. Dit word ontplooi deur Christus wat op aarde heers. Prinsipieel gesien beteken sy heerskappy dat Hy besig is om te kom as verlosser van sy uitverkorenes en as regter wat sy vyande oordeel en straf. Sy
koms is nie slegs eindgebeure nie, maar dis nou reeds aan die gang (so is die hoofmotif dan ook 'n eskatalogiese motif) en sal die vooruitbepaalde voleinding dan gebeur soos God dit wil. Dit maak dat die boek nie as 'n suiwer apokalips geklassifiseer mag word nie, maar wel 'n egte profesie, hoewel met apokaliptiese trekke. Wanneer die struktuur van die boek wetenskaplik ondersoek word, word gevind dat hierdie wyse van verklaring as geldige
een ondersteun word deur die struktuur. Eers word byvoorbeeld die nabyheid van Christus geleer, dan sy heerskappy oor die geskiedenis en die voleinding daarvan en hoe dit die kerk en die wereld raak. Die volgende aspek wat in die studie ondersoek is, is die begrip "heerskappy van God". Nadat die sisternaties-teologiese
forrnulering van die begrip vasgestel is, word gekyk na wat Openbaring daaroor te se het. Ten slotte word 'n paar hoofstukke uit die boek Openbaring ondersoek om vas te stel of dit die aannames en persepsies oor
die motif ondersteun. Aangesien die betrokke hoofstukke berekende capita selecta is wat 'n goeie oorsig bied oor wat in hoofsaak in Openharing gelees word, is dit belangrik om te let op hoe die inhoud van die boek telkens die hoofmotif van God se heerskappy uitspel en beklemtoon. In die laaste hoofstuk van hierdie studie word die boodskap van die boek Openbaring uiteengesit. Met die proklamering van die heerskappy van God wat deur Christus op aarde uitgevoer word, is die boodskap van die boek duidelik en verstaanbaar met die troos:
God regeer en Christus beheer alles op die aarde tot aan die einde, daarom hoef die kerk nie te vrees nie, maar kan voortgaan om te groei en te lewe tot die eer van God die almagtige.
The objective of this study was to establish a new approach to the interpretation of the book of Revelation. This was undertaken because some of the methods used to interpret the book, did not succeed in delivering an acceptable or even a comprehensible message. Some methods are superficial, while others are so complicated that the book becomes more of a mystery. As a working hypothesis for this study the hermeneutical presupposition is posed that John's Revelation has its own guidelines as to its interpretation, as it is given primarily
in its first chapter. The theme and message of the book clearly shows the way to its interpretation. The supremacy of God and his power as the Almighty proclaims his rule over this world and this forms the basis for the message to his people. Christ is given the authority as king of this world and He maintains the governing of this world till the end. This means that He as ruler over this world reveals his coming as happening in the salvation of his chosen people and in the judging and punishing of his enemies. His coming is already underway and now is the eschatological time in progress. He is already the Redeemer of his people and the judge of his
enemies. But this motif is further developed in the fact that the end will come according to the will of God. In the light of this prophetic revelations the book is not a pure apocalypse in the apocalyptic tradition, but it is genuine
prophecy although there are apocalyptic terms and trends used in the book. When the structure of the book is analysed, it is found that this method of interpretation is really plausible. The first overall message being the assurance of the presence of Christ in his church under all circumstances and his controlling of the history and bringing this world to its end according to God's will, thus revealing the effect this has on the church
and the world at large, all this is sustained by the structure of the book. Another aspect researched in this study is the meaning of the term "the supremacy of God". First a survey of the systematic theological formulation of this concept is done and then a systematic summary of this concept in the book of Revelation is made. A selection of a number of chapters from the book of Revelation is studied with the purpose of showing how this motif is proved by the contents of the book. These capita selecta are specially selected for this purpose, but they do
give an overall view of the book's message. The last chapter of this study formulates the message of the book
of Revelation. With the proclamation of the supremacy of God as illustrated by the reign of Christ as Lord of this world, this paranesis is given to his people clear and simple: God is the Almighty and through Christ He has everything under his control, therefore the church must never fear but can continue serving Him
and growing to his glory as his kingdom.