Unisa Institutional Repository

Die Kerkorde as emporium en anti-emporium

Show full item record

Title: Die Kerkorde as emporium en anti-emporium
Author: Landman, Christina
Abstract: In huidige akademiese gesprekke word met “emporium” (“empire”) verwys na die eenvormigheid wat deur groot rolspelers globaal op alle fasette van menswees afgedruk word volgens waardes wat deur hulle neergelê word. Die imperialistiese waardes van die emporium skryf voor hoe die geskiedenis geïnterpreteer moet word, hoe tekste gelees moet word, en wat die magsverhoudings in die toekoms sal wees tussen mense van verskillende klasse, rasse en genders. Die emporium skryf waardes aan mense toe volgens hulle posisie in die hiërargie wat deur die emporium bepaal word. In hierdie artikel word gekyk na die Stipulasies tot die Kerkorde van die Noordelike Sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA). Die vraag word gevra of die plek wat hierin aan die Moderamen gegee word, die beginsels van die (Nederlands-) Gereformeerde kerkreg weerspieël en of dit nie ‘n emporium skep wat eenvormige mag oor “minderes” uitoefen nie. Die ontstaansgeskiedenis van die Stipulasies tot die Kerkorde van die Noordelike Sinode van die VGKSA (2011) vis-a-vis die rol van die Moderamen word beskryf, en tersaaklike gevalle-studies binne die VGKSA word bespreek. Uiteindelik word gevra hoe ‘n Kerkorde en sy Stipulasies sal lyk wat op anti-emporiese beginsels en praktyke berus. Die beginsels wat die Belydenis van Belhar onderlê, en die praktyk van kerklike visitasies soos beoefen in die Protestantse Kerk in Nederland word as voorbeelde van anti-emporium beskryf.
Description: Peer reviewed.
URI: http://hdl.handle.net/10500/5664
Date: 2011-12
Citation: Studia Historiae Ecclesiasticae, vol 37, Supplement, pp 271-285


Files in this item

Files Size Format View
Landman-15.pdf 163.8Kb PDF View/Open

This item appears in the following Collection(s)

Show full item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics