’n Skoolgebaseerde sosiaal-emosionele program as strategie teen misdaad en geweld
Loading...
Authors
van der Merwe, Petro
Issue Date
2012-12-04
Type
Language
Afrikaans
Keywords
Wangedrag , leerders , onderwysers , klaskamerpraktyke , skoolgeweld , emosionele intelligensie-onderrigmetodes , verkryging van emosionele vaardighede , sosiaal-emosionele skool-intervensieprogram , positiewe dissipline , sosiale gedrag , interpersoonlike vaardighede , aksie-navorsing , selfrefleksie , waarneming
Alternative Title
Abstract
Die doel van hierdie studie is om die verband tussen Emosionele Intelligensie (EI) in die klaskamer
en leerders se gedrag te bepaal. In die proses word daar ook riglyne geformuleer vir die basiese
stappe om EI in die klaskamer in te span. Sodoende kan die probleem van geweld en die uitdagings
van sosiaal-emosionele intervensies in skole meer suksesvol aangespreek word tot voordeel van
al die betrokkenes in die skoolkonteks sowel as die samelewing in die geheel.
In hierdie studie word kwalitatiewe navorsing as hoofnavorsingsmetode gebruik om die
impak van EI in die klaskamer op leerders se gedrag te identifiseer. Daar word gebruik gemaak
van deelnemende-aksie-navorsing, wat binne ’n kritiese paradigma uitgevoer word.
Onderwysers, skole en ondersteuningspersoneel se einddoel is die optimale ontwikkeling
van leerders. Hierdie doel is afhanklik van doeltreffende skoolbestuur, wat weer afhanklik is van
’n toereikende kurrikulum en ondersteunende onderrig- en leeromgewings.
Hierdie navorsing het dan ook gekyk hoe suksesvol EI-onderrigstrategieë in die voorkoming
van dissiplineprobleme kan wees. Die gebruik van EI in die klaskamer kan as voorkomende
dissipline gesien word. Hierdie navorsing toon onteenseglik dat EI die kernelement van ’n sosiaalemosionele skool-intervensieprogram program moet wees. Positiewe dissipline, demokratiese
skoolbestuur en ondersteuning-strukture is ook tydens die studie geïdentifiseer as elemente wat
in ’n sosiaal-emosionele intervensieprogram teenwoordig behoort te wees.
Description
Citation
Van der Merwe, P., & Nel, J.A. (2012). ‘n Skoolgebaseerde sosiaal-emosionele program as strategie teen misdaad en geweld (Deel 2 van 2). SA Tydskrif vir Geesteswetenskappe. 52 (4), 646-659. http://www.scielo.org.za/pdf/tvg/v52n4/12.pdf
Publisher
SciELO