Reconsidering motive’s irrelevance and secondary role in criminal law

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Naidoo, Kamban

Issue Date

2017

Type

Article

Language

en

Keywords

criminal law , motive , reconsidering irrelevance , secondary role

Research Projects

Organizational Units

Journal Issue

Alternative Title

Abstract

In die strafreg word motief beskou as die rede, gedagte of idee wat onderliggend aan die pleeg van ʼn misdaad is. In moderne Westerse strafregstelsels word in die algemeen aanvaar dat die motief van die misdadiger irrelevant is by die bepaling van strafregtelike aanspreeklikheid. Motief speel hoogstens ʼn sekondêre rol by die bewys van die elemente van die misdaad en kom eintlik eerder by die bepaling van ʼn gepaste straf ter sprake. Mens rea of opset is egter meestal een van die vereistes vir strafregtelike aanspreeklikheid. In die vroeë Engelse reg het die howe egter bewys van die oortreder se bose (“malicious”) opset vir strafregtelike aanspreeklikheid vereis. Hierdie vereiste is in die negentiende eeu verwerp ten gunste van ʼn bepaalde verwytbare gesindheid. In hierdie artikel word die Romeinse oorsprong van mens rea en die Engelsregtelike oorsprong van motief ondersoek. Die begrip motief word ondersoek en moontlike redes word voorgestel vir die irrelevansie van die motief van die oortreder om strafregtelike aanspreeklikheid te bewys. Een van die redes is dat motief moeiliker is om te bewys as mens rea. Die oorweging van ʼn oortreder se motief by die bepaling van strafregtelike aanspreeklikheid kan ook in stryd wees met die legaliteitsbeginsel. Ondanks die beweerde irrelevansie van motief in meeste Westerse strafregstelsels word daarop gewys dat motief eintlik ʼn vereiste vir verskeie verwere is en ook deel vorm van die omskrywings van verskeie misdade in Anglo-Amerikaanse, Franse en Suid-Afrikaanse strafreg. Motief speel dus wel ʼn rol by die bepaling van strafregtelike aanspreeklikheid. Die irrelevansie van motief in die strafreg is dus skynbaar ʼn fiksie. Die standpunt rakende die rol van motief moet oorweeg word in die lig van haatmisdaadwetgewing wat in die Verenigde State van Amerika en in verskeie Wes-Europese demokrasieë aangeneem is. Sodanige wetgewing vereis dat die beskuldigde se motief in aanmerking geneem word wanneer strafregtelike aanspreeklikheid bewys word omdat die beskuldigde se motief gebaseer op vooroordeel ʼn spesifieke vereiste van haatmisdaad is. Daar word ook oorweeg of die beweerde irrelevansie van motief in die Suid-Afrikaanse strafreg in die pad staan van die aanname van haatmisdaadwetgewing.

Description

Citation

Naidoo K (2017) Reconsidering motive’s irrelevance and secondary role in criminal law Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg (2) 337-351

Publisher

Juta

License

Journal

Volume

Issue

PubMed ID

DOI

ISSN

0257-7747

EISSN