Aspekte van regsbeheer in die konteks van die Internet

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Gordon, Barrie James

Issue Date

2016-06

Type

Thesis

Language

Afrikaans

Keywords

Internet , Soewereiniteit , Regulering , Selfregulering , Regering , Netwerk neutraliteit , ICANN , Dieppakketinspeksie , Tussengangers , Internet-diensverskaffers , Kubersoewereiniteit , Staatskap , Internet , Sovereignty , Regulating , Governance , Self-regulation , Government , Network neutrality , ICANN , Deep packet inspection , Intermediaries , Internet service providers , Cyber sovereignty , Statehood

Research Projects

Organizational Units

Journal Issue

Alternative Title

Aspects of legal regulation in the context of the Internet

Abstract

Die wêreld soos dit vandag bestaan, is gebaseer op die Internasionaalregtelike konsep van soewereiniteit. State het die bevoegdheid om hulle eie sake te reël, maar die ontwikkeling van die Internet as ’n netwerk wat globaal verspreid is, het hierdie beginsel verontagsaam. Dit wou voorkom asof die Internet die einde van soewereiniteit en staatskap sou beteken. ’n Geskiedkundige oorsig toon dat reguleerders aanvanklik onseker was oor hoe hierdie nuwe medium hanteer moes word. Dit het geblyk dat nuwe tegnologieë wat fragmentasie van die Internet bewerkstellig, gebruik kon word om staatsgebonde regsreëls af te dwing. Verskeie state van die wêreld het uiteenlopende metodologieë gevolg om die Internet op staatsvlak te probeer reguleer, en dit het tot die lukraak-wyse waarop die Internet tans gereguleer word, aanleiding gegee. Hierdie studie bespreek verskeie aspekte van regsbeheer in die konteks van die Internet, en bepaal daardeur hoe die Internet tans gereguleer word. Toepaslike wetgewing van verskeie state word regdeur die studie bespreek. Vier prominente state, wat verskeie belangrike ingrepe ten aansien van Internetregulering gemaak het, word verder uitgelig. Dit is die Verenigde State van Amerika, die Volksrepubliek van Sjina, die Europese Unie as verteenwoordiger van Europese state, en Suid-Afrika. Aspekte wat op Internasionaalregtelike vlak aangespreek moet word, soos internasionale organisasies en internasionale regsteorieë ten aansien van die regulering van die Internet, word ook onder die loep geneem. Die bevindings wat uit die studie volg, word gebruik om verskeie aanbevelings te maak, en die aanbevelings word uiteindelik in ’n nuwe model saamgevoegom’n sinvoller wyse van regulering van die Internet voor te stel. Aangesien die huidige studie in die konteks van die Internasionale reg onderneem word, word die studie afgesluit met ’n bespreking van kubersoewereiniteit, wat ’n uiteensetting is van hoe soewereiniteit ten aansien van die Internet toegepas behoort te word. Die gevolgtrekking is insiggewend — die ontwikkeling van die Internet het nie die einde van soewereiniteit beteken nie, maar het dit juis bevestig.
The world is currently structured in different states, and this is premised on the International law concept of sovereignty. States have the capacity to structure their own affairs, but the development of the Internet as a globally distributed network has violated this principle. It would seem that the development of the Internet would mean the end of sovereignty and statehood. A historical overview shows that regulators were initially unsure of how this new medium should be dealt with. It appeared that new technologies that could fragment the Internet, could be used to enforce state bound law. Several states of the world have used different methodologies trying to regulate the Internet at state level, and this led to the random way in which the Internet is currently regulated. This study examines various aspects of legal regulation in the context of the Internet, and determines how the Internet is currently regulated. Appropriate legislation of several states are discussed throughout the study. Four prominent states, which made several important interventions regarding the regulation of the Internet, are highlighted further. It is the United States, the People’s Republic of China, the European Union as the representative of European countries, and South Africa. Aspects that need to be addressed on International law level, such as international organizations and international legal theories regarding the regulation of the Internet, are also discussed. The findings that follow from this study are used to make several recommendations, which in turn are used to construct a new model for a more meaningful way in which the Internet could be regulated. Since the present study is undertaken in the context of the International law, the study is concluded with a discussion of cyber sovereignty, which is a discussion of how sovereignty should be applied with regards to the Internet. The conclusion is enlightening—the development of the Internet does not indicate the end of sovereignty, but rather confirms it.

Description

Citation

Gordon, Barrie James (2016) Aspekte van regsbeheer in die konteks van die Internet, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/21929>

Publisher

License

Journal

Volume

Issue

PubMed ID

DOI

ISSN

EISSN