Riglyne vir die ontwikkeling van 'n afstandsonderrigstelsel as 'n vorm van geindividualiseerde opleiding in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Viljoen, Annémarie

Issue Date

1999-11

Type

Thesis

Language

af

Keywords

Research Projects

Organizational Units

Journal Issue

Alternative Title

Abstract

OPSOMMING: In 'n transformerende samelewing waar die klem is op die realisering van die individu se potensiaal en erkenning van alle vaardighede teen 'n Nasionale Kwalifikasie Raamwerk, verkeer ook die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in 'n staat van verandering. Die diverse menslike hulpbron - burgerlikes en 'n uniformdraende komponent van ge'integreerde magte - vereis opleiding om effektiewe verdediging aan Suid-A:frika en sy inwoners te bied. Nie net die permanente komponent moet die nodige vaardighede ontwikkel nie, maar ook die Deeltydse Mag ('n totaal van meer as 140 000 lede). Hierdie opleidingsbehoefte en die krimpende begroting, noop die Weermag om koste-effektiewe menslike hulpbronontwikkelingstrategiee toe te pas. Afstandsonderrig, met veral die nuwe interaktiewe karakter daarvan, kan 'n lewensvatbare strategie wees. 'n Vraelystudie na die stand van afstandsonderrig in die Weermag het getoon dat afstandsonderrig reeds op beperkte skaal bedryf word, maar met leemtes in die leermateriaal en 'n gebrek aan noodsaaklike ondersteuning van die bevelstruktuur. Die skep van leerbevorderlike leermateriaal met 'n interaktiewe karakter, soos dit in resente literatuur beskryfword en in algemene afstandsonderrig sigbaar is, kan 'n effektiewe didaktiese leeroordragstelsel vorm. Van die verskeidenheid nuwe mediategnologiee wat tans in die makro-afstandsonderrigomgewing benut word, kan veral rekenaargebaseerde opleiding en oplyn-opleiding in die Weermag aangewend word. Gedrukte materiaal sal steeds die basis vorm en kan aangevul word met interaktiewe televisie-uitsendings - wat tydens 'n loodsaanbieding aan Weermaglede oorweldigend positief ervaar is, om wisselwerking tussen die instrukteur en die leerder, en die leerders onderling te verhoog. vu 'n Afstandsonderrigmodel, gerig op die spesifieke situasie van 'n organisasie soos die Weermag wat self verantwoordelik is vir die ontwikkeling van sy menslike hulpbron, is ontwerp as hoofriglyn vir die ontwikkeling van 'n afstandsonderrigstelsel. Dit beklemtoon die basiese opleidingskomponente van die leerder, die instrukteur en die leermateriaal wat gesien moet word binne die spesifieke omgewing waarbinne hulle funksioneer. Die essensiele rol van die beleidmakende komponent is ook bespreek, aangesien die afstandsonderrigstelsel slegs suksesvol bedryf kan word as daar beleid gepromulgeer is wat die afstandsonderrigstelsel bemagtig. Ontwikkelingsriglyne en implementerinsgriglyne vir 'n afstandsonderrigstelsel in die Weermag sluit ook 'n voorgestelde ontwikkelingsprogram van die afstandsonderriginstrukteurs in.
Summary : In a transforming society where the emphasis is on realizing the potential of the individual and accrediting all competencies against a National Qualifications Framework, the South African National Defence Force is also in a state of change. The diverse human resources demand training in order to effectively defend South Africa and its inhabitants. Competency development is needed by both the permanent component and the Part-time Force. This training requirement and the shrinking budget impel the Defence Force to apply cost-effective human resource development strategies. Distance learning, especially with its new interactive nature, can be a viable strategy. A questionnaire study of the status of distance learning in the Defence Force showed that it is already practised on a limited scale, but with deficiencies in the learning material and a lack of support from the command structure. The creation of interactive learning materials that enhance learning as described in current literature and found in general distance learning practice, can form an effective didactical learning transfer system. Of the various media technologies presently utilised in the macro-distance learning environment, computer-based training and on-line training can be applied in the Defence Force. Printed materials forms the basis and can be supplemented with interactive television broadcasts - which were overwhelmingly positively accepted by Defence Force members during a pilot presentation. - to improve the interaction between the instructor and learner and between learners. A distance learning model focussed on the specific situation of an organisation such as the Defence Force, which is responsible for the development of its own human resources, was designed as main guideline for the development of a distance learning system. It emphasizes the basic components of the learner, the instructor and the learning material that have to be seen within the specific environment in which they operate. The essential role of the policy making component is discussed, since a distance learning system can only be applied successfully if there is promulgated policy to empower the distance learning system. Development and implementation guidelines for a distance learning system in the Defence Force also include a suggested development program for distance learning instructors.

Description

Text in Afrikaans

Citation

Viljoen, Annémarie (1999) Riglyne vir die ontwikkeling van 'n afstandsonderrigstelsel as 'n vorm van geindividualiseerde opleiding in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/17811>

Publisher

License

Journal

Volume

Issue

PubMed ID

DOI

ISSN

EISSN