`n Prysbepalingsmodel vir mieliemeulens

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Liversage, Johann Henry

Issue Date

2009-08-25T11:00:45Z

Type

Dissertation

Language

en

Keywords

Pricing models , Maize industry

Research Projects

Organizational Units

Journal Issue

Alternative Title

Abstract

Die doel van hierdie studie is om `n omvattende prysbepalingsmodel te ontwikkel vir vinnige bewegende voedselsoorte, met spesifieke verwysing na die mieliemeelbedryf. Deur navorsing wat gedoen is het dit aan die lig gekom dat daar nie `n enkele model bestaan wat prysbepaling in totaal aanspreek nie. Die model wat in hierdie verhandeling ontwikkel is, sal kan dien as `n omvattende prysbepalingsmodel en ook diegene wat nie bekend is met die prysbepalingsproses nie, tot voordeel strek. Hoofstuk 2 bied `n literatuurstudie van die faktore of komponente wat tydens prysbepaling verantwoord moet word. Hoofstuk 3 bied `n empiriese oorsig van die prysbepalingsmetodes wat TWK meulens aangewend het om die pryse van hulle klaarprodukte te bepaal, en hoe `n prysbepalingsmodel aangewend is om die winsgewendheid van die meulens te verhoog. Hoofstuk 4 word gewy aan die ontwikkeling van `n omvattende prysbepalingsmodel wat deur die mieliemeulebedryf en ander vervaardigers van vinnig bewegende voedselsoorte aangewend kan word. Hoofstuk 5 verskaf `n samevatting en riglyne vir verdere navorsing.

Description

Citation

Liversage, Johann Henry (2009) `n Prysbepalingsmodel vir mieliemeulens, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/2133>

Publisher

License

Journal

Volume

Issue

PubMed ID

DOI

ISSN

EISSN