Factors which influenced the enactment of hate-crime legislation in the USA: quo vadis South Africa?
Loading...
Authors
Naidoo, Kamban
Issue Date
2016
Type
Article
Language
en
Keywords
hate-crime laws , USA , factors influenced
Alternative Title
Abstract
Haatmisdaad is misdade wat deur die oortreder se vooroordeel teenoor die slagoffer se ras, etnisiteit, seksuele orientasie, godsdiens, gebrek of verskeie ander persoonlike kenmerke motiveer word. Haatmisdaadwette bestraf sodanige gedrag en maak voorsiening vir die oplegging van swaarder strawwe op diegene wat aan haatmisdaad skuldig bevind word. Daar is ʼn beweging in verskeie Westerse demokratiese regstelsels waarvan die Verenigde State van Amerika die leiding geneem het, om haatmisdaadwetgewing aan te neem. In hierdie artikel word die faktore ondersoek wat die aanname van haatmisdaadwette in die Verenigde State van Amerika beïnvloed het. Die Amerikaanse Civil-Rights Movement word beskou as die belangrikste faktor wat die aanname van haatmisdaadwette beïnvloed het omdat die beweging tot identiteitspolitiek aanleiding gegee het. Ingevolge identiteitspolitiek ding voorheen gemarginaliseerde en onderdrukte minderheidsgroepe mee vir groter regs- sosiale- en politieke erkenning ensodanige mededinging lei telkens tot regshervorming. Die griewe van die burgerlike gemeenskapsektor word ook identifiseer as ʼn besonder belangrike faktor omdat sodanige sektor eerste ʼn openbare bewuswording van haatmisdaad teweegbring. Hierdie verskynsel het tot die aanname van die eerste Amerikaanse haatmisdaadwetgewing gelei.
Die pleeg van haatmisdade in Suid-Afrika teen swart lesbiese vroue, swart immigrante en wit plaasboere het tot versoeke alhier vir die aanname van haatmisdaadwette gelei. Tot dusver het die Suid-Afrikaanse regering egter nie op sodanige versoeke ag geslaan nie. Daar is egter dwingende grondwetlike redes wat die aanname van haatmisdaadwetgewing in ʼn post-apartheid bedeling vereis. Aangesien haatmisdaad minstens drie verskansde grondwetllike regte in Suid-Afrika skend, naamlik die reg op waardigheid, die reg op gelykheid en die reg op vryheid en sekuriteit van die person, word redeneer dat die aanname van haatmisdaadwetgewing grondwetlik vereis word. In die lig van die ondertekening en ratifikasie van die International Convention on the Elimination of All Forms of Racial Discrimination (ICERD) word redeneer dat Suid-Afrika ʼn verpligting het om haatmisdaadwetgewing in te stel. Die aanname van haatmisdaadwetgewing en verhoogde strawwe word dus aanbeveel vir geweldsmisdade gemotiveer deur vooroordeel op grond van bepaalde persoonlike eienskappe van die slagoffer.
Description
Citation
Naidoo K (2016) Factors which influenced the enactment of hate-crime legislation in the USA: quo vadis South Africa? TSAR 2016 . 4
Publisher
Juta
License
Journal
Volume
Issue
PubMed ID
DOI
ISSN
02577747