Geletterdheidsprogramme vir analfabeet-volwassenes in die Republiek van Suid-Afrika : 'n historiese-andragogiese deurskouing en evaluering

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Genade, Karin.

Issue Date

1996-11

Type

Thesis

Language

af

Keywords

Research Projects

Organizational Units

Journal Issue

Alternative Title

Abstract

Hierdie studie handel oor die ontwikkeling van geleenthede in Europa en Suid-Afrika vir analfabeet-volwassenes om te leer lees en skryf. Teoretiese aspekte van geletterdheid soos omskrywings van die begrippe geletterdheid en ongeletterdheid is ondersoek. Twee benaderings tot die voorsiening van geletterdheid, naamlik die relatiewe benadering en die absolute benadering is beskryf. Die doelwitte van geletterdheid behels onder meer die bereiking van lewensideale, die verkryging van mag en persoonlike ontwikkeling. Verskeie strategiee vir geletterdheidsonderrig soos die die voorsiening van fundamenteel-opvoedkundige strategie, die funksionele strategie, die bewusmakingstrategie en die massaveldtogstrategie is ondersoek. Die invloed van sosiale, politieke, ekonomiese, geografiese, godsdienstige en onderwysfaktore asook van die boekdrukkuns op die verspreiding van lees- en skryfvaardighede is beskou. Daar is ook ondersoek ingestel na die rol van verskillende betrokkenes by die voorsiening van geletterdheidsonderrig in Europa en Suid-Afrika soos die staat, nie-staatsorganisasies, kerke, vakbonde, industriee, privaatinisiatiewe, universiteite en biblioteke.
This thesis investigates the development in Europe and South Africa of opportunities for illiterate adults to learn to read and write. Theoretical aspects concerning the defining of concepts, the two approaches namely the absolute and relative, the aims of literacy and the attainment of ideas of empowerment and personal development were discussed. An investigation is done of the various strategies in the provision of literacy campaigns. These include the fundamental educational, the functional, the awareness and the mass campaign strategies. The influence of social, political, economical, geographical, religious and educational factors is explored in conjunction with the role of the printing press and distribution of reading and writing material. The role of various parties involved in the provision of literacy education in Europe and South Africa is considered. This includes the state, non-governmental organizations, churches, unions, industry, private initiatives, universities and libraries.

Description

Citation

Genade, Karin. (1996) Geletterdheidsprogramme vir analfabeet-volwassenes in die Republiek van Suid-Afrika : 'n historiese-andragogiese deurskouing en evaluering, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/16836>

Publisher

License

Journal

Volume

Issue

PubMed ID

DOI

ISSN

EISSN