Rekenaarondersteunde Onderhoud van Programmatuurstelsels

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Anderssen, E.C.

Issue Date

1979

Type

Article

Language

Afrikaans

Keywords

Research Projects

Organizational Units

Journal Issue

Alternative Title

Abstract

Die probleme wat vandag gerekenariseer word is van so 'n ingewikkelde aard, datdie programmeringsproses self ook uitermate ingewikkeld geword het Ten einde die programrneerder in sy taak by te staan is heelwat "werktuie en werkwyses" ontwikkel. 'n Welbekende werkwyse is modulere programmering. 'n Uitvloeisel van hierdie tegniek is dat daar voorsiening gemaak moet word vir effektiewe prosedures om die koppelvlakke tussen die modules van 'n programmatuurstelsel te administreer. Die outomatisering van hierdie administratiewe prosedures kan 'n positiewe bydrae lewer tot beter dokumentasie en die ontwikkeling van meer betroubare programmatuurstelsels. 'n Kruisvertaler (die PSEG/CSEG-stelsel) waarmee programme vir 'n mini-rekenaarstelsel op 'n gasheerrekenaar vertaal kan word, is ontwikkel. Programrnodules wat verdeel is in datadefinisie- en proseduresegmente, word onder beheer van die PSEG/CSEG-stelsel vertaal en informasie aangaande die koppelvlakke tussen die segmente van 'n stelsel word in 'n databasis op die gasheerrekenaar versamel. Die PSEG/CSEG-stelsel lewer outomaties verslag van die uitwerking wat 'n definisieverandering in een module op ander modules van 'n programmatuuurstelsel sal he. 'n N avraagtaal gebaseer op die relasie-algebra is verder ontwikkel ten einde ad hoc-navrae oor die status van 'n programmatuurstelsel te beantwoord. Alhoewel die PSEG/CSEG-stelsel vir 'n saamstelvlaktaal ontwikkel is, sou dit moontlik wees om dieselfde beginsels ook in die geval van stelsels wat in hoevlaktale ontwikkel word, toe te pas.

Description

Citation

Anderssen, E.C. (1979) Rekenaarondersteunde Onderhoud van Programmatuurstelsels. Quaestiones Informaticae Vol 1 No 2, 1979

Publisher

Computer Society of South Africa (on behalf of SAICSIT)

License

Journal

Volume

Issue

PubMed ID

DOI

ISSN

0254-2757

EISSN