Institutional Repository

Eenheid as matriks van die spiritualiteit van die Evangelie volgens Johannes

Show simple item record

dc.contributor.author Van der Merwe, D.G.
dc.date.accessioned 2019-11-28T13:08:56Z
dc.date.available 2019-11-28T13:08:56Z
dc.date.issued 2014
dc.identifier.citation Van der Merwe, D.G. Eenheid as matriks van die spiritualiteit van die Evangelie volgens Johannes, LitNet Akademies, Jaargang 11, Nommer 1, Maart 2014 en
dc.identifier.issn 1995-5928
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/10500/26080
dc.description.abstract In hierdie artikel word die eenheidsbegrip, wat die matriks van die Johanneïese spiritualiteit vorm, ondersoek. Vir die skrywer van hierdie Evangelie is die eenheid tussen Jesus en sy dissipels gegrond op die eenheid tussen Jesus en die Vader. Met ander woorde, die eenheid tussen Jesus en die Vader dien as voorbeeld vir die eenheid wat tussen Jesus en sy dissipels tot stand moet kom. Dit noodsaak dus ʼn ondersoek na die aard van hierdie eenheid. Volgens Joh. 15:1–8 word die wese van hierdie eenheid gedefinieer aan die hand van die metafoor van die wingerdstok, en bestaan daarin om “in mekaar te bly”, “mekaar lief te hê”, en “gehoorsaam te wees aan die Een wat groter is”, wat ʼn hoogtepunt bereik in “die verheerliking van die Vader”. Vir die skrywer moet sodanige eenheid verwesenlik word in die belewenis van die eenheid tussen die dissipels. In Joh. 13 verduidelik Jesus hierdie eenheid en verstrek Hy ʼn voorbeeld daarvan wanneer Hy in ʼn handeling van liefde en diens die voete van sy dissipels was. Hy self bepaal die grense hiervan met die gereelde gebruik van die vergelykende partikel καθώς (“volgens”). Hy het aan hulle ʼn ὑπόδειγμα (“voorbeeld”) van onderlinge diens voorgehou. Wanneer die dissipels Jesus se gebod om mekaar lief te hê, gehoorsaam, en grense probeer oorsteek om nuwe vriendskappe te smee en die afwykende strukture van die samelewing te omvorm, sal nuwe belewenisse van “eenheid” tot stand kom. en
dc.language.iso Afrikaans en
dc.publisher Umuzi en
dc.subject Johanneïese spiritualiteit en
dc.subject Wingerdstok metafoor en
dc.subject Eenheid en
dc.subject Inwoning en
dc.subject Liefde en
dc.subject Gehoorsaamheid en
dc.subject Verheerlik en
dc.subject Diens en
dc.subject Vriende en
dc.title Eenheid as matriks van die spiritualiteit van die Evangelie volgens Johannes en
dc.type Article en
dc.description.department Christian Spirituality, Church History and Missiology en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics