Institutional Repository

Bybel as problematiese teks: ’n kritiese ontleding aan die hand van polemieke in die Nederduitse Gereformeerde Kerk: van Johannes du Plessis tot Ferdinand Deist en Willem Vorster (1920–2000)

Show simple item record

dc.contributor.advisor Spangenberg, I. J. J. (Izak J. J.)
dc.contributor.advisor Oliver, E.
dc.contributor.author Conradie, A. F.
dc.date.accessioned 2019-08-06T08:37:53Z
dc.date.available 2019-08-06T08:37:53Z
dc.date.issued 2019-05
dc.identifier.uri http://uir.unisa.ac.za/handle/10500/25638
dc.description Text in Afrikaans, with summaries in Afrikaans and English en
dc.description Includes bibliographical references (leaves 383-403) en
dc.description.abstract Die woordestryd oor goddelike inspirasie van alles wat in die Bybel staan, as gevolg van die uitgesproke stellings van Johannes Du Plessis, het tot ‘n krisis gelei wat as baken in die annale van die Ned. Geref. Kerk beskou word. Die meeste van sy standpunte word vandag as waarheid aanvaar en hy het bygedra tot die intellektuele debat oor die Bybel as Woord van God wat vandag nog aangaan. Du Plessis se herkoms, opleiding en verdienste as predikant en saakgelastigde van die Kerk word kortliks bespreek. Hy was die talentvolle seun en enigste kind van 'n Afrikaanse predikant en 'n Engelse vrou, die dogter van 'n sendeling van die LMS. Hy word professor aan die Kweekskool en met kennis opgedoen tydens verdere studie oorsee, het hy gewys op dele van die Bybel wat nie aan goddelike inspirasie toegeskryf kan word nie. Hy het dit ook duidelik gestel dat hy as teoloog en leermeester nie kon glo sonder om te probeer verstaan nie. Hy het sy bevindinge bekend gemaak in Het Zoeklicht, 'n maandblad wat bedoel was om as soeklig te dien om verskillende vorms van “duisternis” in beide godsdiens en die politiek, betref, aan die lig te bring. Oortuig van die waarde van die Hoër Kritiek, het hy dit as sy plig geag om wat hy deur wye leeswerk en kritiese ondersoek rakende die oorsprong, vorm en inhoud van die Ou Testamentiese boeke bekom het, bekend te maak. Artikels van dié aard, eers in De Kerkbode en daarna in Het Zoeklicht, het gelei tot beroering onder behoudende lesers wat gekant was teen enige veranderinge in die prediking. Hulle was veral ontstoke oor sy siening dat die belydenisskrifte wat spruit uit die dae van die Hervorming 500 jaar tevore, oop was vir herformulering. Klagtes dat Du Plessis op 'n gevaarlike pad was, was die begin van wat gelei het tot 'n krisis in die Kerk, en uiteindelik tot 'n buitengewone sinode in 1930 toe hy van sy pos onthef is. Die behoudende reaksie van die meerderheid was dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is. Die gevolg was dat 'n groot aantal van die leiers van die Kerk, aanhangers van die Nasionale Party wat in 1948 aan bewind gekom het, tekste uit die Bybel gebruik het om die beleid van Apartheid Skriftuurlik te begrond. Ná byna veertig jaar van 'n onkritiese benadering tot die Bybel, is die geloof in 'n foutlose Bybel weer bevraagteken. Tussen die eerlike teoloë wat dit gewaag het om te wys op foute en inkonsekwenthede, was Ferdinand Deist en Willem Vorster. Albei het hulle opleiding as predikante voltooi maar het hulle nie beroepbaar gestel nie omdat hulle met verdere studie voortgegaan het en hulle openlik uitgespreek het teen die misbruik van Bybelse gegewens om apartheid te regverdig. Geskool aan die Kweekskool in Stellenbosch, het Deist hom onderskei as geleerde wat sy drang na dieper ondersoek gepaar het met 'n piëtisme waarop hy uiting gegee het in 'n stortvloed van akademiese en populêre geskrifte ― wat nie altyd gestrook het met sy stelling dat die Woord van God nie met 'n gelyk-aan-teken aan mekaar verbind kan word nie. Vorster, wat sy opleiding aan die Universiteit van Pretoria ontvang het, het ewe bekend geraak en het internasionale erkenning geniet vir sy toepassing van die semantiek op studies van die Nuwe Testament. Daarby het hy sy kennis van die Nabye Oosterse tale toepaslik gevind in sy bydrae tot The New Quest om meer te wete te kom oor die historiese Jesus, 'n Jood en Galileër wat vir 'n kort periode opgetree het as leermeester en eskatologiese profeet. In die studie van bydraes van die drie geleerdes tot ons verstaan van die Bybel, is ook aandag geskenk aan 'n ander aspek van die Bybel as problematiese teks: Die nadruk wat skrywers en redaktors van die Bybelse gebeure, geplaas het op mans as vaders en seuns ten koste van vroue, moeders en dogters. Die gevolg was dat meeste van die sogenaamde Kerkvaders genoeg in die Bybel kon vind om hulle te identifiseer met die neerhalende beeld wat in Die Openbaring (14:3-4) geskep word van vroue, opvallend in stryd met die inhoud van Genesis 1:26-31. en
dc.description.abstract The controversy started by Johannes Du Plessis over the question whether everything in the Bible was inspired by God, caused a crisis in the Dutch Reformed Church, which is listed as a beacon in its history. Most of the points he raised are accepted as truth today, and started an intellectual debate that is still going on. Information relating to Du Plessis’ origins, training, and achievements as a minister and church official is briefly noted. He was the talented son, and only child of an Afrikaner father and minister of religion, and an English mother, the daughter of an LMS missionary. He became a professor at the Seminary in Stellenbosch, after his studies overseas had caused him to question parts of the Old Testament text that could not be regarded as divinely inspired. He also made it quite clear that believing without trying to understand was not possible for him as a theologian and teacher. He proclaimed his findings in Het Zoeklicht, a monthly magazine intended to serve as a searchlight and an organ to reveal the “darkness” that was still prevalent in both religion and politics. Aware of the value of Higher Criticism of the Old Testament, he regarded it his duty to make known what he had found in reading widely and in critical research on the origins, form and content of the books of the Bible. Articles to this effect published first in De Kerkbode and then in Het Zoeklicht, caused an outcry from conservative readers who were opposed to any changes in the teaching of the church. They were especially enraged by his view that the confessions drawn up by Reformers 500 years earlier, were open for review. Complaints that Du Plessis was on a dangerous path, marked the beginning of what was regarded as a crisis in the Church, and in the end led to Du Plessis being relieved of his post by a special Synod convened in 1930. The views of the conservative majority, however, prevailed. As a result, a large number of leading ministers and theologians, who openly supported the Nationalist government that came into power in 1948, provided assurance that the concept of separation of racial groups was in accordance with Scripture. After nearly forty years of an uncritical approach to the Bible, the belief in in-errancy was again questioned. Among the few theologians who dared to point out errors and inconsistencies in various texts, were Ferdinand Deist and Willem Vorster. Both trained as ministers, they chose to continue their studies and openly expressed themselves against the abuse of Biblical texts to support the ideology of apartheid. Trained at the Seminary in Stellenbosch, Deist turned out to be a noted scholar who combined his urge for honest critical study with a pietism expressed in a flood of academic and popular publications ― which were not always consistent with his own statement that The Word of God could not be connected to Scripture with an is-equal-to symbol. Vorster, who received his education at the University of Pretoria, became equally well known as a scholar and gained international recognition for his application of semantics in the study of the Gospels. He also applied his knowledge of languages in what came to be known as The New Quest for the historical Jesus who, as a Jew and a Galilean, distinguished himself during a brief period as a teacher and eschatological prophet. In the study of the contributions of these three outstanding men to our understanding of the Bible, another major aspect of the Bible as problematic text is addressed: The emphasis the authors and redactors of the Scriptures placed on the roles of men, fathers and sons, patently to the exclusion of women, mothers and daughters. As a result many of the so-called Church Fathers found in the Bible sufficient material to look down upon women ― the verdict expressed in Revelations 14:3-4 being one of numerous texts pointing to women as objects of derision in glaring contradiction to the contents of Genesis 1:26-31. en
dc.format.extent 1 online resource (xv, 403 leaves) en
dc.language.iso Afrikaans en
dc.subject Bybelse gesag en
dc.subject Fundamentalisties en
dc.subject Du Plessis en
dc.subject Deist en
dc.subject Vorster en
dc.subject Malan en
dc.subject Murray en
dc.subject Hofmeyr en
dc.subject Histories-kritiese metodes en
dc.subject Behoudend en
dc.subject Heilige Skrif en
dc.subject Hoër Kritiek en
dc.subject Inspirasie en
dc.subject Ingewing en
dc.subject Krities en
dc.subject Onkrities en
dc.subject Openbaring en
dc.subject Skepping en
dc.subject Sonde en
dc.subject Sondeval en
dc.subject Biblical authority en
dc.subject Fundamentalist en
dc.subject Historico-critical methods en
dc.subject Conservative en
dc.subject Holy Bible en
dc.subject Higher criticism en
dc.subject Inspiration en
dc.subject Critical en
dc.subject Uncritical en
dc.subject Revelation en
dc.subject Creation en
dc.subject Sin en
dc.subject The Fall en
dc.subject.ddc 284.268092
dc.subject.lcsh Du Plessis, J. (Johannes), 1868-1935
dc.subject.lcsh Deist, Ferdinand, 1944-1997
dc.subject.lcsh Vorster, W. S.
dc.subject.lcsh Nederduitse Gereformeerde Kerk -- Controversial literature en
dc.subject.lcsh Nederduitse Gereformeerde Kerk -- Political activity en
dc.subject.lcsh Nederduitse Gereformeerde Kerk -- Doctrines en
dc.subject.lcsh Race relations -- Religious aspects -- Nederduitse Gereformeerde Kerk en
dc.subject.lcsh Bible -- Use en
dc.subject.lcsh Bible -- Criticism, interpretation, etc. en
dc.subject.lcsh Apartheid -- Religious aspects -- Nederduitse Gereformeerde Kerk en
dc.title Bybel as problematiese teks: ’n kritiese ontleding aan die hand van polemieke in die Nederduitse Gereformeerde Kerk: van Johannes du Plessis tot Ferdinand Deist en Willem Vorster (1920–2000) en
dc.title.alternative The Bible as a problematic text: a critical analysis based on controversies in the Dutch Reformed Church: from Johannes du Plessis to Ferdinand Deist and Willem Vorster (1920–2000) en
dc.type Thesis en
dc.description.department Biblical and Ancient Studies en
dc.description.degree D. Phil. (Biblical Studies) en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

  • Unisa ETD [12178]
    Electronic versions of theses and dissertations submitted to Unisa since 2003

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics