Institutional Repository

Evaluasie van strategiese bestuur ten einde dienslewering te optimaliseer in die Suid-Afrikaanse Polisiediens

Show simple item record

dc.contributor.advisor Van Graan, Johannes Gerhardus
dc.contributor.author Van der Merwe, Johannes Joost
dc.date.accessioned 2017-07-06T13:46:01Z
dc.date.available 2017-07-06T13:46:01Z
dc.date.issued 2017-02
dc.identifier.citation Van der Merwe, Johannes Joost (2017) Die evaluasie van strategiese bestuur ten einde dienslewering te optimaliseer in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/22791>
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/10500/22791
dc.description.abstract Hierdie studie is gebaseer op die behoefte wat bestaan aan dienslewering wat regerings-departemente behoort te lewer en meer spesifiek ten opsigte van hierdie studie die diens wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) lewer. Gevolglik is die primêre navorsingsdoelstelling egter om 'n evaluasie van strategiese bestuur te doen ten einde te bepaal watter bydrae en waarde dit kan hê vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens ten einde dienslewering te optimaliseer. Hierdie studie vervul die volgende navorsingsdoelwitte:  Die waarde en belang van strategiese bestuur is bepaal,  Die waarde en belang van leierskap is bepaal,  Die waarde van organisasiekultuur is bepaal en die rol wat dit vervul ten einde dienslewering te optimaliseer. Die navorser het 'n nie-empiriese (teoretiese) navorsingsontwerp gevolg wat fokus op 'n sistematiese oorsig van nasionale media-artikels as bronne. Die navorser het vir die doeleindes van hierdie studie dokumentêre bronne, in die vorm van nasionale gedrukte media en persoonlike ondervinding gebruik as datainsamelingsmetode. Volgens Punch (2014:158) mag dokumentêre bronne vir data op verkeie maniere in die sosiale wetenskaplike navorsing gebruik word. Somige studies kan en mag moontlik totaal afhanklik wees van dokumentêre data, met hierdie data dan die fokus in eie reg. Hierdie studie het verder aanbevelings gemaak dat strategiese bestuur wel voordele inhou vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Strategiese bestuur kan in enige organisasie toegepas word. Die waarde daarvan is dat organisasies wat strategies bestuur word, die eksterne invloede van die omgewing proaktief kan bestuur. Die sosio-politieke en ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika maak beleidsaanpassings in openbare organisasies noodsaaklik as gevolg van die dinamiese verandering op hierdie terrein. Met die hulp van 'n strategiese plan kan bestuur die organisasie proaktief bestuur na gelang van wat die interne en eksterne omgewing vereis. Die lojale, effektiewe, opgeleide, doeltreffende leiers en polisiebestuurders behoort daardie beamptes te wees wat strategiese bestuur optimaal benut en daadwerklik toepas sodat doeltreffende dienslewering optimal aan die diverse gemeenskappe gelewer kan word. Dit blyk ook verder dat die strategiese bestuur en beplanningstegnieke waardevolle hulpmiddels is vir die professionele polisiebestuurder in terme van die verwesenliking van doelstellings en doelwitte van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die strategiese plan (2014-2019) van die Suid-Afrikaanse Polisiediens bevat alle fokusareas wat nodig is vir sukses en die uitvoering daarvan op operasionele vlak bly die maatstaf. Daar word opsommend volstaan dat al vier geformuleerde hipoteses wetenskaplik geverifieer kon word in hierdie teoretiese literatuurstudie en dat al vier die geformuleerde hipoteses wat gestel is aan die begin van hierdie navorsing, wel aanvaar kan word vir die suksesvolle implementering van strategiese bestuur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens ten einde dienslewering te optimaliseer. Hierdie navorsing lewer ‘n bydrae tot die kennis verwant aan ‘n meer strategiese rol van leiers om dienslewering te optimaliseer. af
dc.description.abstract This study has been based on the need for service delivery by government departments and more specific for this study the service delivery of the South-African Police Service. Consequently, the primary research goal was to evaluate strategic management to establish what contribution and value it could have for the South-African Police Service to optimize service delivery. This study fulfilled the following objectives:  The value and importance of strategic management was ascertained,  The value and importance of leadership was ascertained,  The value and importance of organisational culture was ascertained and the role it fulfills to optimize service delivery. The researcher followed a non-empirical (theoretical) research design that focused on a systematic overview of national media articles as sources. The researcher for the purpose of this study used documented sources, in the form of national printed media and personal experience as data collection method. According to Punch (2014:158), documentary sources of data might be used in various ways in social science research. Some studies might depend entirely on documentary data, with such data the focus in their own right. This study further provided recommendations that strategic management have essential benefits for the South African Police Service. Strategic management can also be implemented in any organisation. The value for organisations using strategic management is actually to be able to manage the influences from the external environment proactively. It is neccessary for public organisations to adjust policy due to the changes in the socio-political and economical circumstances. Management will be able, with the strategic plan, to manage the organisation proactively with regard to the ongoing needs and changes from the external environment. The loyal, efficient, effective, trained leaders and police managers should be those officials to use strategic management optimally and implement the strategic plan so that effective service delivery can be rendered to all diverse communities. Further more strategic management and planning techniques serve as valuable support for professional police managers in terms of reaching the goals and objectives of the South African Police Service. The strategic plan (2014-2019) of the South African Police Service includes all the focus areas that are needed for success, but the executing on operational level will be the measure. Thus, in summary, the researcher accepts that the four formulated hypotheses could be verified scientifically in this theoretical literature research. All four hypotheses are accepted for the successful implementation of strategic management in the South African Police Service to be able to optimise service delivery. This study contributes to the knowledge relating to a more strategic role of leaders to optimise service delivery. en
dc.format.extent 1 online resource (X, 175 pages) : illustrations
dc.language.iso af af
dc.subject Dienslewering van SAPD en
dc.subject Strategiese bestuur en strategiese beplanning en
dc.subject Bestuur en leierskap en
dc.subject Kultuur en organisasiekultuur en
dc.subject Service delivery of SAPS
dc.subject Strategic management and strategic planning
dc.subject Management and leadership
dc.subject Culture and organisation culture
dc.subject.ddc 363.20968
dc.subject.lcsh Police administration -- South Africa -- Evaluation en
dc.subject.lcsh Police -- South Africa -- Planning en
dc.subject.lcsh Executive departments -- South Africa -- Management en
dc.subject.lcsh Executive departments -- South Africa -- Evaluation en
dc.subject.lcsh Strategic planning -- South Africa en
dc.subject.lcsh Organizational effectiveness -- South Africa -- Evaluation en
dc.subject.lcsh Performance standards -- South Africa en
dc.subject.lcsh Police -- Rating of -- South Africa en
dc.subject.lcsh South African Police Service en
dc.subject.lcsh Corporate culture -- South Africa en
dc.title Evaluasie van strategiese bestuur ten einde dienslewering te optimaliseer in die Suid-Afrikaanse Polisiediens en
dc.type Dissertation en
dc.description.department Penology
dc.description.degree M.Tech. (Policing)


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics