Institutional Repository

Kardiovaskulêregesondheidsrisiko onder universiteitstudente in Suid-Afrika

Show simple item record

dc.contributor.author Du Toit, Peet
dc.contributor.author Rudolph, E.C.
dc.contributor.author Joubert, Yvonne Trijntje
dc.contributor.author Coetzee, Nicoleen
dc.contributor.author Kruger, Ernst
dc.contributor.author Ferreira, Ronel
dc.contributor.author Nortje, Evangeline
dc.contributor.author Fraser, William
dc.date.accessioned 2015-09-16T12:21:47Z
dc.date.available 2015-09-16T12:21:47Z
dc.date.issued 2015-05-29
dc.identifier.citation Du Toit, P., Rudolph, E., Joubert, Y., Coetzee, N., Krüger, E., Ferreira, R. et al., 2015, ‘Kardiovaskulêregesondheidsrisiko onder universiteitstudente in Suid-Afrika’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 34(1), Art. #1178, 7 pages. http:// dx.doi.org/10.4102/satnt.v34i1.1178 en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/10500/19098
dc.description.abstract Tradisioneel is individue se vermoëns, belangstellings en persoonlikhede tydens beroepsvoorligting en werwings- en keuringsprosesse geassesseer, terwyl slegs enkele studies op die liggaamlike gesondheid van tweedejaarstudente, as intreevlakwerknemers vir sakeondernemings in Suid- Afrika, gefokus het. Die hoofdoel van hierdie navorsing was om die stand van die kardiovaskulêre gesondheid van universiteitstudente in hul tweede jaar (as intreevlakwerknemers) te bepaal. Die motivering vir die studie was tweeledig: eerstens om die huidige kardiovaskulêre gesondheidsrisiko van studente te bepaal, en tweedens om hulle in te lig oor die mate van risiko waaraan hulle blootgestel is. Die studie was ’n kwantitatiewe deursneestudie wat onderneem is om inligting in te win oor die kardiovaskulêre gesondheid van universiteitstudente. Die steekproef wat vir hierdie navorsingstudie gebruik is, het bestaan uit 162 universiteitstudente in Suid-Afrika wat almal tussen 18 en 25 jaar oud was. Die resultate het aangedui dat 55.6% van die betrokke studente aan hoë bloeddruk gely het. Uit laasgenoemde groep studente is 81.1% as prehipertensief gediagnoseer, terwyl stadium 1-hipertensie by 18.9% gediagnoseer is. Altesaam 64.8% van al die deelnemende studente se tellings is in die hoër meetgebied van die Kardiale Stresindeks (KSI). Ongelukkig het 61% van dié studente met verhoogde KSI-tellings ook hoë bloeddruk getoon. Benewens verhoogde harttempo en bloeddruk het 15.2% van die deelnemers ook swak harttempoveranderlikheid getoon. Dus het byna 10% van die totale steekproef verhoogde kardiale stresvlakke, verhoogde harttempo en hoë bloeddrukvlakke vertoon. Die resultate dui daarop dat universiteitstudente heeltemal onbewus is van hul kardiovaskulêre gesondheid en van die moontlikheid dat dit ’n invloed op hul loopbane kan hê. Beroepsvoorligters, industriële sielkundiges, opvoedkundige sielkundiges en praktisyns op die gebied van menslikehulpbronbestuur kan hierdie inligting voordelig binne die bestek van hul praktyk gebruik om beroepsvoorligting aan fisiologiestudente te verskaf. Dié praktiese benadering sal fisiologiestudente ook in staat stel om vas te stel wat hul eie kardiovaskulêregesondheidsrisiko’s is. en
dc.language.iso Afrikaans en
dc.title Kardiovaskulêregesondheidsrisiko onder universiteitstudente in Suid-Afrika en
dc.type Article en
dc.description.department Economics en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics