Institutional Repository

Histories-argeologiese studie oor swangerskap en baring in antieke Egipte

Show simple item record

dc.contributor.advisor Scheepers, Coenie
dc.contributor.author Van der Westhuizen, Linda Lorette
dc.date.accessioned 2015-07-13T09:58:30Z
dc.date.available 2015-07-13T09:58:30Z
dc.date.issued 2014-11
dc.identifier.citation Van der Westhuizen, Linda Lorette (2014) Histories-argeologiese studie oor swangerskap en baring in antieke Egipte, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/18808> en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/10500/18808
dc.description Text in Afrikaans
dc.description.abstract Die politieke struktuur van antieke Egipte en ons eie politieke geskiedenis het meegebring dat aspekte rakende die vrou, vir baie jare oor die hoof gesien was, veral in die literatuur. Met antieke Egipte, waar mans hoofsaaklik verantwoordelik vir die samestelling van geskrewe materiaal was, en in Suid-Afrika waar daar in navorsing meer op onderwerpe wat mans interesseer gefokus was, het daar soveel vrae rakende die vrou onbeantwoord gebly. Die mans kon nie, het nie of wou nie, verslag doen oor wat gedurende swangerskap en baring gebeur het nie. Met behulp van ‘n uitgebreide literatuurstudie (wat bronne uit die geskiedenis, argeologie, antropologie, medisyne, wetenskap, ikonografie, kunste, argitektuur, taalkunde, astronomie, sielkunde, mitologie, tuinbou ensovoorts ingesluit het) is ontdek dat daar, in antieke Egiptiese geskrifte en uitbeeldings, baie oor swangerskap en baring gekommunikeer is. Die inligting is net nie altyd in die konteks of plekke waar ‘n mens dit sou verwag nie. Manlike skrywers het argeologiese inligting vanuit hulle manlike verwysingsraamwerk geïnterpreteer. Die meerderheid inligting oor swangerskap en baring in antieke Egipte, is dus in die verlede òf oor die hoof gesien, òf dit is vanuit ‘n manlike perspektief geïnterpreteer. Belangrike betekenisse het so verlore geraak. Hierdie studie is onderneem om lig op swangerskap en baring in antieke Egipte te werp. ‘n Grondige kennis van die vroulike fisiologie en -denkpatrone is met ‘n uitgebreide studie van die gebruike, tradisies en gelowe van antieke Egipte gekombineer om die bestaande poel van kennis op te helder. en
dc.description.abstract Due to the political structure of ancient Egypt, as well as in our own political history, female matters have been overlooked for many years, especially in literature. With ancient Egypt, where mainly men were responsible for written material, and in South Africa where research, in the past, focused mainly on topics of interest to men, many questions regarding women remained unanswered. Men could not, did not, or didn’t want to report on what happens during pregnancy and birth. The research of extensive literature sources (including historical, archaeological, anthropological, medical, scientific, iconographical, art, architectural, linguistic, astronomical, physiological, mythological, horticultural and other sources) indicates that the ancient Egyptian writings and depictions contained information about pregnancy and birth. In the past most information about pregnancy and birth in ancient Egypt was either overlooked or interpreted from a male perspective. Thus important meanings and interpretations got lost. The aim of this study is to shed light on pregnancy and birth in ancient Egypt. A current thorough knowledge of female physiology and thought patterns was combined with an extensive study of practices, traditions and beliefs in ancient Egypt to elucidate the existing pool of knowledge.
dc.format.extent 1 online resource (xl, 579 leaves)
dc.language.iso af en
dc.subject.ddc 392.120962
dc.subject.lcsh Childbirth -- Egypt -- History en
dc.subject.lcsh Birth control -- Egypt -- History en
dc.subject.lcsh Birth customs -- Egypt en
dc.subject.lcsh Childbirth -- Egypt -- Folklore en
dc.subject.lcsh Pregnancy -- Social aspects -- Egypt en
dc.title Histories-argeologiese studie oor swangerskap en baring in antieke Egipte en
dc.type Thesis en
dc.description.department Biblical Archaeology
dc.description.degree D. Litt. et Phil. (Biblical Archaeology)


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics