Institutional Repository

Klavierwerke deur Suid-Afrikaanse komponiste, voorgeskryf vir Unisa-musiekeksamens tot 1990 : 'n analitiese-pedagogiese perspektief

Show simple item record

dc.contributor.advisor Reid, D. J.
dc.contributor.author Gaerdes, Johanna Marié Athena en
dc.date.accessioned 2015-01-23T04:24:43Z
dc.date.available 2015-01-23T04:24:43Z
dc.date.issued 1996-11 en
dc.identifier.citation Gaerdes, Johanna Marié Athena (1996) Klavierwerke deur Suid-Afrikaanse komponiste, voorgeskryf vir Unisa-musiekeksamens tot 1990 :, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/16825> en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/10500/16825
dc.description Text in Afrikaans en
dc.description.abstract Die doel van hierdie verhandeling is om die opvoedkundige en artistieke waarde van klavierwerke, wat vir die Universiteit van Suid-Afrika (hiema UNISA) se musiekeksamens voorgeskryf is, uit te lig. Die eerste hoofstuk gee 'n beknopte oors1g van die geskiedenis van UNISAmusiekeksamens. In die tweede hoofstuk word geselekteerde werke ontleed en geevalueer. Daarna volg drie bylaes wat die volgende inligting bevat: Bylae 1 'n V olledige lys van alle werke wat tot 1990 gekomponeer is vlf UNISA se klaviereksamens, volgens komponiste gerangskik. W erke word alfabeties ingedeel volgens die komponis en datums word voorsien van wanneer die werk gekomponeer en voorgeskryf is. Werke wat nie in hierdie verhandeling ontleed is nie, word met 'n asterisk aangedui. Bylae 2 'n Volledige lys van alle werke wat tot 1990 gekomponeer is Vlf UNISA se klaviereksamens, volgens grade ingedeel. Komponiste word graadsgewys alfabeties gerangskik. Bylae 3 Kort biografiese sketse van die komponiste gedek in hierdie verhandeling ter inligting van leerlinge en onderwysers. Komponiste word alfabeties gerangskik. In hierdie verhandeling is slegs navorsing gedoen met betrekking tot die klavierwerke. W erke van ander instrumente is nie nagevors nie. Veertig komponiste se werke word gedek. Meer as eenhonderd en dertig stukke is versamel. Die ontleding van al hierdie werke sou te veel wees vir die omvang van hierdie verhandeling en is daar dus geselekteer. Seleksie het plaasgevind op grond van: Eksamengraad Daar word op laer grade gekonsentreer (V oorgraad 1 tot graad 5) omrede dit juis gedurende hierdie aanvangsonderrig is waar die liefde en belangstelling vasgele word vir die aanleer van werke uit eie bodem. Twee vorige verhandelings oor Suid-Afrikaanse klavierwerke ontleed oorwegend werke van hoer grade. Die navorser verwys hier na verhandelings van Rosemary YA Maritz en CL Venter (volledige verwysing in bibliografie). Moeilikheidsgraad Stukke wat makliker hanteerbaar is vir die leerling, het voorkeur geniet. Geen werke van graad 8 en die Onderwyslisensiaat of Voordraerslisensiaat word ontleed nie. Enkele werke van grade 6 en 7 word egter ook ontleed. Die ontleding en evaluering van die werke word alfabeties, volgens komponiste, ingedeel. In die ontleding word daar gelet op aspekte wat van opvoedkundige en artistieke waarde vir die jong leerling sal wees. Dit word ook bedoel as aansporing vir die onderwyser om van die werke aan die leerling te leer. Al die werke (voorgraad 1 tot graad 7) is bekombaar van die Argief in die biblioteek van die Universiteit van Suid-Afrika. Sommige onderwysers mag nog van die ou eksamenbundels in hul privaat versameling he. Dit sou egter 'n groot aanwins wees indien al hierdie musiek beskikbaar sou wees in een bundel. Onderwysers sou dan meer gereeld van die werke in die jong leerling se repertorium kon insluit. Die navorser vertrou dat die benadering van hierdie verhandeling, wat konsentreer op interessante opvoedkundige aspekte, die leerkrag sal voorsien van voldoende motivering om van die ryke erfenis uit eie bodem gebruik te maak, sodat dit nooit verlore mag gaan nie.
dc.format.extent 1 online resource (v, 285 leaves) en
dc.language.iso af en
dc.subject.ddc 786.20968 en
dc.subject.lcsh Piano music -- History and criticism en
dc.subject.lcsh Music -- South Africa -- History and criticism en
dc.title Klavierwerke deur Suid-Afrikaanse komponiste, voorgeskryf vir Unisa-musiekeksamens tot 1990 : 'n analitiese-pedagogiese perspektief af
dc.type Dissertation
dc.description.department Art History, Visual Arts and Musicology en
dc.description.degree M. Mus. en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics