Show simple item record

dc.contributor.advisor Pieterse, H. J. C.
dc.contributor.author Preller, Willem Petrus Lubbe
dc.date.accessioned 2015-01-23T04:24:07Z
dc.date.available 2015-01-23T04:24:07Z
dc.date.issued 2001-06 en
dc.identifier.citation Preller, Willem Petrus Lubbe (2001) Preek as kunsvorm, University of South Africa, Pretoria, <http://hdl.handle.net/10500/15811> en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/10500/15811
dc.description Text in Afrikaans
dc.description Summaries in Afrikaans and English
dc.description.abstract Die inhoud en vorm van 'n preek is 'n eenheid. Beide aspekte vorm deel van die teologiese teorie van die prediking. In hierdie studie word daar teoreties besin oor 'n bepaalde vorm van prediking. Dit behels 'n ondersoek na die literere vorm waarin die boodskap gestruktureer en verwoord word. Die Skrif bevat 'n verskeidenheid literere vorme wat deur Bybelskrywers aangewend is om die intensie van die teks effektief te kommunikeer. Elk van hierdie vorme besit 'n eiendomlike kommunikatiewe aard. Die ontwikkeling van die moderne literatuurwetenskap sedert die tagtigerjare van die twintigste eeu het stukrag verleen aan die insig dat die Bybel ook as 'n versameling godsdienstige literatuur bestudeer kan word. Dit het meegebring dat die intensie van die teks van die Bybel op 'n teologies verantwoordbare wyse, met inagneming van die historiese verbande, beter begryp kan word deur die gebruikmaking van insigte uit ander literatuur. As sodanig word erkende literere kunsvorme wat naas die logies-analitiese ook die emotiewe betrek, aanvaar. Die resultaat van hierdie ondersoek dui aan dat die preek as kunsvorm geevalueer en in die moderne preekteorie geregverdig kan word. Die proses van transformasie wat die moderne hermeneutiese benadering kenmerk; die veranderde beleweniswereld en verstaanshorison van die huidige hoorders asook die eiesoortige aard van Bybelse literatuur is vanuit 'n kommunikatiewe aanname in 'n kunsvorm binne die moderne homiletiese teorie haalbaar. Die teorie orienteer binne die kommunikatiewe handelingsteorie as meta-teorie wat ingestel is op dialogiese kommunikasie wat betekenisgewing deur waarnemerbetrokkenheid bevorder en 'n bepaalde denkwyse by die hoorders tot gevolg het. Die tradisionele vorm van prediking, gekenmerk deur absolute dominasie van die rede en intellektualisme uit die modernistiese tydvak, het teen die einde van die tweede millennium in ernstige diskrediet gekom. Die radikale verandering in die samelewing deur die moderniseringsproses met gepaardgaande paradigma verskuiwinge dwing die homiletiek om teoreties te herbesin. In hierdie studie word die preek as kunsvorm afgebaken tot die verhalende preekvorm, konseptueel ontwikkel en teoreties omskryf asook geplaas binne die moderne homiletiese teorie as komponent wat daarby pas. Die resultaat is verkry deur 'n vergelykende studie van gemeenskaplike wesenstrekke wat voorkom by erkende kunsvorme in die moderne kunsteorie; die verhalende kunsvorm in die moderne literere teorie met spesifieke verwysing na die Afrikaanse roman asook die verhalende preekvorm in die moderne homiletiese teorie. Deur hierdie vorm van prediking in die moderne preekteorie op te neem, kan 'n sinvolle bydrae gemaak word om die Christelike boodskap deur oortuiging sander enige vorm van dwang te kommunikeer.
dc.description.abstract In a sermon form and content are one. Both aspects form part of the theological theory of preaching. This theoretical survey investigates one of the various literary forms through which the biblical writers attempted to communicate the intention of the biblical text in the most effective way. Each of these forms possesses a distinctive communicative character. The development of modern literary theory since the eighties of the twentieth century was a propulsive force leading to the conviction that the Bible was also a collection of religious literature. This conviction implied that the intention of the biblical text could be more clearly understood in a theological justified manner within the historical context by using insights gained from other literature. Acknowledged literary art forms adhering to the emotive as well as the logic-analytical are embraced as such. In this study the sermon as an art form is limited to narrative preaching, developed as a concept; theoretically described and placed within the modern homiletical theory as a suitable component. Results are obtained by means of a comparative study of mutual features that are distinctive to acknowledged art forms in the modern theory of art; narrative art forms in modern literature theory specifically in the modern Afrikaans novel, as well as the narrative form of preaching in the modern homiletical theory. The modern homiletical theory is orientated within the communicative acts theory as meta-theory focusing on dialogical communication which promotes meaning through the involvement of the observer. The conclusions reached indicate that the sermon as an art form can be evaluated and justified within the modem homiletical theory. Taken up in this theory, it can prove significant in communicating the Christian message to the listeners in a convincing rather than compulsive manner.
dc.format.extent 1 online resource (xiii, 372 leaves) en
dc.language.iso af
dc.subject Practical theology en
dc.subject Hermeneutic en
dc.subject Dialogical communication theory en
dc.subject Sermon forms en
dc.subject Art forms en
dc.subject Literarry formms en
dc.subject Communicative theory in literature en
dc.subject Modernization en
dc.subject Listeners en
dc.subject Modern homiletical theory en
dc.subject Transformation en
dc.subject Bible text en
dc.subject Exegesis en
dc.subject.ddc 251 en
dc.subject.lcsh Theology, Practical en
dc.subject.lcsh Hermeneutics en
dc.subject.lcsh Sermons en
dc.subject.lcsh Preaching en
dc.subject.lcsh Bible -- Commentaries en
dc.subject.lcsh Bible -- Hermeneutics en
dc.title Preek as kunsvorm af
dc.title.alternative The sermon as an art form en
dc.type Thesis
dc.description.department Philosophy, Practical and Systematic Theology
dc.description.degree D.Th. (Practical theology) en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search UnisaIR


Browse

My Account

Statistics